Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Skuif die kieslys heen en weer

VAN DER MERWE, CHRIS N

Skrywer: Bernard Combrink

VAN DER MERWE, CHRIS N (1944 -) is ’n emeritus professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad. Hy verwerf BA, BA Hons, MA aan die Universiteit van Stellenbosch; daarna ’n doktoraal in Nederlandse taal-en letterkunde in die Nederlandse Taal- en Letterkunde aan die Universiteit van Utrecht (cum laude), en in 1976 aan die (destydse) Randse Afrikaanse Universiteit die graad DLitt et Phil. Hy is die skrywer, medeskrywer of redakteur van sewentien akademiese boeke, en het ook verskeie artikels in Afrikaans, Nederlands en Engels geskryf oor die Afrikaanse letterkunde en oor Literêre Teorie. Sy navorsing handel veral oor sosio-politieke kwessies en die verwoording van moraliteit en waarheid in die letterkunde.

Sy huidige navorsing fokus op narratiewe en trauma, en hy is die skrywer onder andere saam  met Pumla Gobodo-Madikizela, van die boek Narrating our Healing: Perspectives on Working through Trauma (2007) en met Hans Ester, Twyfelaars wat glo. Van sy latere publikasies handel ook oor teologiese temas.  Hy ontvang verskeie toekennings: Beurs van die Nederlands-Suid-Afrikaanse Vereniging vir studie aan die Universiteit van Utrecht, Toekenning as “Suid-Afrikaanse Boekejoernalis van die Jaar”, van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns die  Gustav Preller-prys  vir besondere bydrae tot die literatuurwetenskap asook die  Elisabeth Eybersbeurs om in Nederland te werk aan ‘n navorsingsprojek oor “Narratief en trauma in Afrikaans en Nederlands”. Sedert 2006 lewer hy ook ’n belangrike bydrae tot die 2020-Vertaling van die Bybel in Afrikaans as letterkundige in ’n groot aantal boekspanne van die Ou en Nuwe Testament, asook in die Redaksionele Komitee Nuwe Testament.

Print Friendly, PDF & Email
Deel hierdie blad:
Opgedateer: 17 Mar, 2021

0 Comments

Submit a Comment

Om kommentaar te lewer op lemmas, foute uit te wys, voorstelle vir nuwe lemmas te maak of byvoegings aan die hand te doen, voltooi asb die onderstaande vorm en e-pos dit aan: Die Hoofredakteur: eCKE by [email protected]

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui