CACHET, FRANS
CACHET, FRANS. Kyk by: Lion-Cachet, Frans.
CACHET, FRANS. Kyk by: Lion-Cachet, Frans.
CACHET, JAN LION. Kyk by: Lion-Cachet, Jan.
CAESAR beteken in Latyn “keiser*” en word verbind aan verskeie Romeinse keisers. Die bekendste onder hulle is Julius Caesar, beroemd as redenaar en skrywer. As bedrewe politikus wat baie gewild was weens sy gunste aan die volk, het hy vinnige opgang gemaak en is tot verskeie belangrike openbare ampte verkies. So was hy konsul in… Lees Meer »
CALL TO PRAYER. Kyk by: Gebed om die val van regerings.
CALLAWAY, HENRY (1817–1890) word opgelei as geneesheer en verwerf ’n doktorsgraad in die medisyne. Hy bied homself egter aan as ’n geordende sendeling* en kom in 1854 in Natal aan, waar hy op verskeie sendingstasies werk. In 1870 publiseer hy The Religious System of the AmaZulu, en in 1873 word hy aangestel as biskop* van… Lees Meer »
CALVINISME. Die woord “Calvinisme” is afgelei van die naam van Johannes Calvyn*, kerkhervormer van die 16de eeu. Calvyn se nalatenskap is fenomenaal. Hier kan veral gedink word aan sy bekende Institusie of Onderwysing in die Christelike Godsdiens. Verder het hy kommentare oor feitlik al die boeke van die Bybel* geskryf, asook ’n groot aantal ander… Lees Meer »
CALVYN-PROTESTANTSE KERK, met sy hoofkwartier in Athlone in Kaapstad, het teen die middel van die 20ste eeu tot stand gekom. Dit is een van die kleiner gereformeerde* groeperings in Suid-Afrika. Dit bestaan uit nagenoeg 50 gemeentes en ander standplase. Die kerk, wat ongeveer 20 000 lidmate het, publiseer gereeld ’n tydskrif bekend as Silwerrand. Hulle… Lees Meer »
CALVYN, JOHANNES (1509–1564). Jean Calvin (sy Franse naam en van) is in Noyon in Frankryk gebore. Deur sy kommentare op haas elke boek van die Bybel* sowel as sy wydgelese Institusie of Onderwysing in die Christelike Godsdiens, beïnvloed hy baie geslagte predikante en ander gelowiges in verskillende wêrelddele: Switserland, Duitsland, Hongarye, Frankryk, Nederland, Engeland, Skotland… Lees Meer »
CAMPUS CRUSADE FOR CHRIST (CCC) is in 1951 deur dr Bill en Vonette Bright gestig. In 1952 skryf dr Bright (1921–2003) die boekie Die vier geestelike wette met ’n uiteindelike verspreidingsyfer van ongeveer 2,5 miljard. Die organisasie verkondig die evangelie* aan ongeveer 6,5 miljoen studente per jaar. Die webbladsy www.EveryStudent.com ontvang gemiddeld 300 000 besoekers… Lees Meer »
CAMUS, ALBERT (1913–1960) is in Algerië in Noord-Afrika gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Algerië waar hy ook ’n teater stig en werkersklaskwessies op die planke bring. Later studeer hy filosofie* in Parys, waar hy gedurende die Tweede Wêreldoorlog* by die Franse versetbeweging aansluit en vir die weerstandskoerant Combat skryf. Ná die oorlog beklee… Lees Meer »
CAREY, WILLIAM (1761–1843) is naby Northampton in Engeland gebore. Vandat hy 16 jaar oud was tot op 28 was hy ’n skoenmaker se leerjonge. In 1785 het hy ’n beroep as pastor van ’n klein Baptiste*gemeente aanvaar. Hy is later na ’n groter gemeente, in Leicester. Wat hy oor kaptein Cook se reise gelees het,… Lees Meer »
CARFO EN MEMA(-MEDIA). In September 1947 is Carfo (“Christelike Afrikaanse Rolprent Fotografiese Organisasie”) as ’n maatskappy sonder winsbelang geregistreer. Rudolf Raath, besturende direkteur, samel binne ’n paar jaar £102 000 in, en ’n volwaardige rolprentateljee word in Danville, Pretoria, gebou. Finansieel gaan dit na ’n ruk egter broekskeur en Kappie Botha word in 1958 gevra… Lees Meer »
CARSTENS, JOHANN CHRISTIAAN (CASSIE) (1947–2016). Hierdie kleurryke predikant van die NG Kerk* met sy veelkleurige onderbaadjies het op talle terreine sy gawes gebruik. Hy is in Pretoria gebore en voltooi sy teologiese studie in 1971 aan die Universiteit van Pretoria. Sy eerste gemeente is Villieria. As kamporganiseerder van die sinode* van Noord-Transvaal lei hy honderde… Lees Meer »
CASALIS, JEAN-EUGÉNE (1812–1891) is in Orthez, Basses-Pyrénées, Frankryk, van Hugenote*-agtergrond gebore. Hy sluit in 1830 by die Paryse Evangeliese Sendinggenootskap aan en kom in 1832 na Suid-Afrika. Saam met Thomas Arbousset en Constans Gosselin bereik hy Philippolis en hulle word die eerste blankes om oor die Malutiberge te trek om Mosjesj (Mosjwesjwe) te ontmoet. In… Lees Meer »
CASSIDY, MICHAEL (1936–) is in Johannesburg gebore, het in Lesotho grootgeword en voltooi sy skoolopleiding aan Michaelhouse in kwaZulu-Natal. Hy behaal MA aan die Universiteit van Cambridge en ’n BD aan Fuller Theological Seminary in die VSA. Van 1962 af stuur hy ’n evangeliese aksie in Pietermaritzburg van stapel, bekend as African Enterprise. Die hoofdoel… Lees Meer »
CASTRO, EMELIO (1927–) studeer van 1953 tot 1954 in Basel onder Karl Barth* met ’n beurs van die Wêreldraad van Kerke (WRK)*. Van 1959 tot 1973 is hy betrokke by verskeie kerklike, akademiese en ekumeniese organisasies in Suid-Amerika, onder andere as professor in teologie*, president van sy kerk (die Evangeliese Metodistekerk van Uruguay) en as… Lees Meer »
CELESIUS. Kyk by: Selestius.
CELSUS. Kyk by: Selsus.
CERULARIUS, MICHAEL. Kyk by: Keroularios, Michael.
CHALCEDON, SINODE VAN. Die Sinode van Chalcedon (451), wat op versoek van pous Leo I* deur keiser Marsianus byeengeroep is, het veral bekend geword as gevolg van ’n duidelike uitspraak oor die twee nature van Christus*. Teen die vyfde eeu moes die kerk duidelikheid kry oor twee Christologiese* afwykings, naamlik dié van Nestorius* en Eutiges…. Lees Meer »
CHALKEDOON. Kyk by: Juwele en edelstene.
CHANGUION, ANTOINE NICOLAS ERNEST (1803–1881) is in Den Haag gebore en was die seun van die eerste Nederlandse ambassadeur in die VSA. Hy het in Nederland en Duitsland opgegroei waar hy ses tale leer praat het. Hy studeer vervolgens teologie* in Leiden, maar word in 1830 oorreed om ’n pos as professor in klassieke en… Lees Meer »
CHANGUION, RENÉ RAMON (1952–) het in 1973 as motorfietsryer kragdadig tot bekering* gekom, is opgelei as pastoor en het in 1980 die Christian Motorcyclists’ Association gestig wat teen 2015 meer as 80 takke in Suid-Afrika gehad het en in nog 21 ander lande bedrywig is. Hy het 10 Bikers’ Churches gestig. Onder sy leiding is… Lees Meer »
CHARISMA. Die Griekse* woord charisma (meervoud: charismata) beteken “gawe” of “geskenk” en dit hou verband met charis (genade*). As gawe* van die Heilige Gees* dui die woord in die Nuwe Testament* op God se inisiatief met die herstel van die mensdom tot heelheid en harmonie. Die besinning in 1 Kor 12:1–14:40 oor die aard en… Lees Meer »
CHARISMATIES. Kyk by: Charisma.
CHARISMATIESE BEWEGING (HISTORIES). Die Charismatiese beweging wat in die 1960’s opgebloei het, moet duidelik onderskei word van die Pinksterbeweging* wat in 1906 in Los Angeles begin het. Die een groot verskil is dat die Charismatiese beweging in die historiese kerke ontstaan en opgebloei het, terwyl die Pinksterbeweging van die begin af in afsonderlike kerke georganiseer… Lees Meer »
CHARISMATIESE BEWEGING (TEOLOGIES). Die Charismatiese beweging herberg ’n groter verskeidenheid oortuigings as die Pinksterbeweging* waarvan die teologie* redelik maklik omskryf kan word. Tussen groepe soos die Faith Movement en die Vineyard Fellowship bestaan daar groot en selfs ingrypende verskille. Nogtans kan ’n mens na die Four Square Gospel verwys (Jesus* as die Verlosser*, die Geneser,… Lees Meer »
CHARISMATIESE EVANGELIKALE. Kyk by: Evangelikale beweging (Teologiese kenmerke).
CHARISMATIESE FUNDAMENTALISME. Kyk by: Fundamentalisme.
CHARISMATIESE SPIRITUALITEIT. Die kwalifiserende byvoeglike naamwoord “charismaties” word gebruik vir ’n styl van aanbidding wat binne al die hoofstroom Christelike tradisies aangetref word. ’n Charismatiese spiritualiteit word gekenmerk deur ’n besondere klem op die werking en rol van die Heilige Gees* met die doop van die Heilige Gees* wat prominent funksioneer asook die spreek in… Lees Meer »
CHESEREM, JOSEPH (SENGERUT) (1906–1996) word beskou as die vader en inisieerder van die proses wat gelei het tot die stigting van die Reformed Church of East Africa (RCEA) in Kenia. Hy begin as jong seun werk op die plaas van ’n Suid-Afrikaner in Kenia, AJ Mouton, en kom mettertyd onder die indruk van die evangelie*… Lees Meer »
CHEWA EN DIE CHRISTELIKE GELOOF. Die Chewa-volk woon verspreid in sentraal- en suidelike Malawi, die oostelike provinsie van Zambië en die Angonia-distrik van die Tete-provinsie in Mosambiek. Ongeveer 80% van die nagenoeg 12 miljoen Chewa-sprekendes woon in Malawi. Die eerste aanraking van die Chewa met die evangelie* was die kortstondige vestiging van die Livingstonia-sending van… Lees Meer »
CHIKANE, FRANK (1951–) is ’n bekende kerk- en gemeenskapsleier met diep spore in Suid-Afrika en in die internasionale gemeenskap. Gedurende die laaste dekades van die 20ste eeu was hy veral as kerkleier bekend – ’n pastoor van die Apostoliese Geloofsending* (AGS) wat in sy prediking en openbare optredes die stryd teen apartheid* opgeneem het. In… Lees Meer »
CHILIASME. Kyk by: Premillennialisme.
CHILIASME. Kyk by: Premillennialisme.
CHINA EN DIE CHRISTENDOM. Die “People’s Republic of China” is die land met die grootste bevolking op aarde – nagenoeg 1,4 biljoen mense. In die afgelope anderhalwe millennium het talle buitelandse Christelike sendinggroepe probeer om ’n vastrapplek in China te kry, maar sonder veel sukses. Met die jongste eeuwisseling het daar ’n verandering gekom. Die… Lees Meer »
CHO, DAVID YONGGI (1936–) groei op onder die invloed van Oosterse godsdienste. Op 17-jarige leeftyd ontwikkel hy tuberkulose en draai by die dood om. In dié tyd wy Cho sy lewe aan Christus*. Hy begin in 1956 met sy studies aan die Full Gospel Bible College in Suid-Korea. In 1958 ontstaan die Yoido Full Gospel-gemeente… Lees Meer »
CHOMUTIRI, ENOS MAZURA (1947–) is een van die begaafde leiers in die Reformed Church in Zimbabwe. Hy is reeds ’n aantal keer as moderator* van die sinode* verkies. Hy word beskryf as ’n visionêre figuur wat nie net sy eie kerk gemotiveer en aangespoor het nie, maar ook die leiers van ander kerke in die… Lees Meer »
CHRISOLIET. Kyk by: Juwele en edelstene.
CHRISOPRAAS. Kyk by: Juwele en edelstene.
CHRISTELIK-NASIONALE ONDERWYS verwys na ’n onderwysstelsel waarin die Christelike leer* en lewensbeskouing die grondslag vorm en die nasionale of vaderlandsgerigte karakter ook beklemtoon word. Dis ’n stelsel wat reeds in die VOC*-era aan die Kaap bestaan het omdat die onderwys ten nouste aan die Nederlandse gereformeerde* kerk verbonde was. Met die permanente Britse besetting van… Lees Meer »
CHRISTELIKE FILOSOFIE. Die term “Christelike filosofie” is nie ’n baie bruikbare benaming nie, omdat dit na te veel verskillende, uiteenlopende sake kan verwys. Die enigste gemene deler tussen hierdie verskeidenheid van sake is die een of ander (poging tot) vermenging van die Westerse filosofiese tradisie met die godsdienstige gedagtegoed van die Christendom*. Die volgende is… Lees Meer »
CHRISTELIKE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA (CGK) is op 21 April 1944 uit die Smithstraat-NG Kerk, Durban, deur dr DJJ de Vos* gestig. Die aanvanklike naam was die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika. Leer*stellige onenigheid het meegebring dat die kerk herstig is as die Hervormde Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid–Afrika (10 Mei 1949, Bloemfontein). Die huidige… Lees Meer »
CHRISTELIKE HUMANISME. Kyk by: Humanisme, Christelike.
CHRISTELIKE INSTITUUT is in 1963 deur ds (later dr) Beyers Naudé*, indertyd predikant* van die NG gemeente* Aasvoëlkop en moderator* van die Suid-Transvaalse sinode* van dié kerk, gestig. Die doel was om, in opvolging van die Cottesloe-beraad*, die beleid van apartheid*, wat in 1960 tot die Sharpeville-bloedbad aanleiding gegee het, te bestry, en om swart… Lees Meer »
CHRISTELIKE LEKTUURFONDS. Binnelandse sendingwerk beleef ʼn bloeitydperk gedurende die einde van die 19de en begin van die 20ste eeu. Nuwe kerke word gevestig in die Sotho, Zulu, Tswana, Xhosa en ander taalgemeenskappe – elk met ʼn behoefte aan lektuur in hul moedertaal. Derhalwe word daar in 1957 besluit om met ʼn grootse insamelingsveldtog vir ʼn… Lees Meer »
CHRISTELIKE MAATSKAPLIKE RAAD. Die Anglo-Boereoorlog* met sy konsentrasiekampe en afgebrande plase, het grootskaalse verarming van Afrikaners* tot gevolg gehad. In 1916 is ’n kongres op Cradock oor die armblanke gehou en dit is met verdere kongresse en ’n verskeidenheid projekte opgevolg wat uiteindelik in 1932 in die Carnegie-verslag gekulmineer het. Dié verslag het die lig… Lees Meer »
CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY (CUM) ### Lemma word geskryf.
CHRISTELIKE WETENSKAP. In die Christelike wetenskapsleer word daar uitgegaan van die standpunt dat alle menslike denke en waardebepalings vanuit bepaalde voorveronderstellings geskied. Die wetenskaplike – of dit nou op die terrein van die geesteswetenskappe of natuurwetenskappe is – het sekere vertrekpunte wat mede-bepalend is vir die uitkomste waartoe geraak word. ’n Grondliggende vertrekpunt kan dus… Lees Meer »
CHRISTEN. In Antiogië* is die dissipels*/ gelowiges vir die eerste keer “Christene” genoem (Hand 11:26). Dié naam kom slegs nog twee keer in die Nuwe Testament* voor (Hand 26:28; 1 Pet 4:16). Hierdie naam vir gelowiges is waarskynlik aanvanklik deur teenstanders van die navolgers van Christus* gebruik. Dit was eers later (in die eerste eeu)… Lees Meer »
CHRISTEN–STUDENTEVERENIGING (CSV). Kyk by: Verenigende Christen-Studentevereniging (VCSV).
CHRISTEN-VERVOLGING. Volgens Geopende Deure, ’n internasionale organisasie wat vervolgde Christene* ondersteun, se Wêreldwaarnemingslys 2015 is die tien lande waar Christene die meeste vervolg word, in volgorde Noord-Korea. Somalië, Irak, Sirië, Afganistan, die Soedan, Iran, Pakistan, Eritrea en Nigerië. Uit die lys van 50 lande waar mense die meeste vervolg word weeens hulle geloof in Christus*,… Lees Meer »
DIE CHRISTENDOM is, volgens die HAT (2015), “al die Christene saam” – dit wil sê, Christene van alle kerke en Christelike groeperings. Die Here Jesus* het gebid dat sy kerk* één moet wees (Joh 17:21). As ’n mens na die verskillende denominasies en groeperings kyk waaruit die “Christendom” bestaan, weet jy dat ons nog nie… Lees Meer »
CHRISTENDOM EN ISLAM het een belangrike eienskap in gemeen. Albei is – soos ook die Judaïsme* – monoteïsties*. ’n Paar eeue lank het die denke van die Christene en Moesliems dat in Gods-diens geloof en rede saam gaan, min of meer in parallelle bane ontwikkel. Die Hellenistiese* invloed op die Vroeë Kerk* het daartoe bygedra… Lees Meer »
CHRISTIAN BRETHREN ASSEMBLIES het sy ontstaan in die internasionale Brethern-tradisie wat ’n mistieke* vroomheid* nastreef. Dit het in Suid-Afrika 110 gemeentes, 10 deelstandplase en sowat 3 000 lede (2015). Verskeie sendelinge doen diens in ander lande, naamlik in Zambië, Zimbabwe, Israel, die Verenigde Arabiese Emirate, Libanon en Papoea-Nieu-Guinee. Verder bestaan daar ook gemeentes in Mosambiek,… Lees Meer »
CHRISTIAN COUNCIL OF SOUTH AFRICA ### LEMMA WORD GESKRYF.
CHRISTOLOGIE is die leer oor die Persoon en werk van Jesus* na aanleiding van name, titels en voorstellings wat in die Nuwe Testament* vir Hom gebruik is. Die eerste Christene* het Jesus beskryf met bekende Joodse* name soos Messias*, Seun van God*, Heiland, Here*, Seun van die mens*, Lam van God* en die Dienaar van… Lees Meer »
CHRISTUS. Kyk by: Messias.
CHRISTUS-DIE-VERLOSSER-BEELD in Rio de Janeiro, Brasilië, is in 2007 aangewys as een van die “Sewe Nuwe Wonders van die Wêreld”. (Dis te onderskei van die “Sewe Nuwe Natuurwonders van die Wêreld”, waarvan Tafelberg een is, en wat in 2012 aangewys is.) Dié beeld, landmerk en ikoon van Rio de Janeiro en Brasilië en enigste van… Lees Meer »
CHRISTUS, IN. Kyk by: In Christus.
CHRISTUS: UITBEELDING IN KUNSTE. Uitbeeldings van Jesus* Christus* kom van vroeg af in die kuns voor. Leonardo da Vinci* se Laaste Avondmaal en Michelangelo* se Piëta is twee bekende voorbeelde uit die Renaissance*-tyd. Die Katolieke Kerk* het min probleme gehad met die uitbeelding van Christus in die kuns en tallose beelde van die gekruisigde Jesus… Lees Meer »
CHRUSOSTOMOS, JOHANNES (344– 407), ook bekend as Johannes die Goue Mond, is in 344 in Antiogië* gebore en studeer in die filosofie en die retoriek. In 381 word hy deur Melitius tot diaken gemaak, en oor sy hervormingsgedagtes kry hy mettertyd heelwat teenstand. Hy word biskop* en patriarg van Konstantinopel* en was veral in die… Lees Meer »
CHURCH GROWTH MOVEMENT. Kyk by: McGavran, Donald.
CHURCH OF ENGLAND IN SOUTH AFRICA (CESA) / DIE KERK VAN ENGELAND IN SUID-AFRIKA het ontstaan toe ’n minderheid Anglikaanse gemeentes in 1870 geweier het om by die nuut gestigte Church of the Province of Southern Africa* (CPSA) aan te sluit. Die CESA is biskoplik, evangelies en niesektaries van oortuiging en verwerp die CPSA se… Lees Meer »
CHURCH OF JESUS CHRIST OF LATTER-DAY SAINTS, THE. Kyk by: Mormone.
CHURCH OF THE NAZARENE / KERK VAN DIE NASARENER het in die laat-19de eeu in die VSA ontstaan. Teologies is dit verwant aan die Metodistetradisie (Kyk by: Metodisme). Die groepe wat aanvanklik in Kalifornië, Nieu-Engeland, New York, Tennessee en Texas gevorm het, het in 1908 verenig. In 1915 het hulle die naam Pentecostal Church of… Lees Meer »
CHURCH OF THE PROVINCE OF SOUTHERN AFRICA (CPSA) Kyk by:Anglican Church of Southern Africa
CHURCHILL, WINSTON LEONARD SPENCER (1874–1965) het ’n adellike opvoeding gehad en het ná sy militêre opleiding deelgeneem aan veldslae in Spanje en Kuba (1895) en Indië en Egipte (1898). Hy was daarna oorlogskorrespondent in Suid-Afrika gedurende die Anglo-Boereoorlog*. Hy was van 1902-1922 lid van die Britse kabinet en het belangrike maatskaplike hervormings deurgevoer om onder… Lees Meer »
CILLIÉ, PETRUS JOHANNES (PIET) (1917–1999) is die seun van ’n eertydse rektor van die Universiteit van Stellenbosch (US), prof Gawie Cillié*1, en broer van die wiskunde-, kerkmusiek- en sterrekunde-kenner, prof Gawie Cillié*2. Hy was die redakteur van Die Burger van 1954 tot 1977, daarna professor in joernalistiek aan die US, voorsitter van Naspers en ’n… Lees Meer »
CILLIÉ1, GABRIËL GIDEON (GAWIE) (1870–1958) het op Blaauwvlei naby Wellington grootgeword. Hy behaal sy BA in 1897 aan die Victoria-kollege, die voorloper van die Universiteit van Stellenbosch (US), MA in 1900 in Edinburg, en sy doktorsgraad in 1904 in Straatsburg. Hy was hoof van twee hoërskole voordat hy in 1908 hoogleraar in klassieke tale op… Lees Meer »
CILLIÉ2, GABRIËL GIDEON (GAWIE) (1910–2000) was die derde seun en naamgenoot van prof GG Cillié*, eertydse rektor van die Universiteit van Stellenbosch. Cillié jr is by geleentheid bestempel as die persoon wat waarskynlik die grootste enkele bydrae gelewer het tot die bevordering van kerkmusiek in Suid-Afrika. Gebore Stellenbosser, is sy lewe gekenmerk deur veelsydigheid. Hy… Lees Meer »
CILLIERS-BARNARD, BETTIE (1914–2010) was ’n Rustenburgse plaasdogter wat vir ver meer as ’n halfeeu een van Suid-Afrika se belangrikste eksponente was van die abstrakte, die non-figuratiewe kuns.Vandat sy Parys in 1948 die eerste keer besoek het, het Cilliers-Barnard in haar kuns ’n ver pad geloop: figuratiewe abstraksie (1949–1956), nie-figuratiewe abstraksie (1956–1966), mistieke simboliek (1966–1971), aardse… Lees Meer »
CILLIERS, CECILE (1933–2018) het haar doktorale proefskrif in die letterkunde aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit voltooi oor die verhouding tussen kunswerk en bron. Sy en haar suster, Madeleine van Biljon, het lank die program “Boeksusters” op kykNET aangebied, was stigter van “Vroue vir Vrede” in die jaar van die Soweto-jeugopstand, 1976, en sy was… Lees Meer »
CILLIERS, PIETER JOSHUA (1952–) is ’n bekende Suid-Afrikaanse TV-regisseur en -vervaardiger met programme soos Carte Blanche en Kwêla op sy kerfstok. Hy was predikant* van die Nederduitsch Hervormde Kerk* van Afrika, en is gay*. Cilliers het grootgeword naby Moedwil in die distrik van Rustenburg. Hy het studeer aan die Universiteit van Pretoria en was daarna… Lees Meer »
CILLIERS, SAREL (CHARL) ARNOLDUS (1801–1871) was ’n vroom Christen* en leke-prediker wat ook bekend was as die “profeet van die Groot Trek” en (verkeerdelik) as die “vader van Dingaansdag”. Hy het ’n prominente rol gespeel as geestelike leier en ouderling tydens die Groot Trek en daarna binne die Republiek Natalia en die Oranje-Vrystaat. Sarel Cilliers… Lees Meer »
CLAASSEN, GEORGE (19??-) joernalis en dosent in wetenskapjoernalistiek, het grootgeword in die Hoëveldse dorp Middelburg. Sy ouerhuis is gekenmerk deur ’n pa en ma wat krities gedink het. Hy het hom in die joernalistiek begeef omdat “nuuskierigheid en die soeke na meer kennis” hom gedryf het. Hy was, volgens eie getuienis, “eens gelowig, intens gelowig”,… Lees Meer »
CLAASSEN, JANITA (1947–2005) was een van die bekendste Afrikaanse liedjiesangers van die laaste deel van die 20ste eeu wat ’n groot aantal gospelliedere in haar repertoire gehad het. Aanvanklik onderwyseres in Afrikaans*, het “Rolbos” en “Balonne” haar bekend gemaak, en het sy sedert 1980 22 albums uitgereik. Sy was van die begin af by die… Lees Meer »
CLAASSENS, LOïS JULIANA M (JULIE) (1972-) het haar voorgraadse studie en MA in Antieke Ou Nabye Oosterse Studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. In 2001 verwerf sy haar PhD aan die Princetonse Teologiese Seminarium met as proefskriftitel The God Who Feeds: A Feminist Theological Analysis of Key Pentateuchal and Intertestamental Texts. Claassens het sedert… Lees Meer »
CLAERHOUT, FRANS (1919–2006) is in Pittem, Wes-Vlaandere, gebore. Hy kom in 1946 as Katolieke* sendeling*-priester*2 na Suid-Afrika waar hy buite Bloemfontein werk. As selfonderlegde kunstenaar maak hy tekeninge en skilderye van swartmense wie se lewe daagliks verbind is met die onontvlugbare kringloop van geboorte, voedselnood, siekte en die dood. Hy verbeeld die armoede* en die… Lees Meer »
CLAUDIUS (TIBERIUS CLAUDIUS DRUSUS NERO GERMANICUS) (10 vC–54 nC), was van 41 tot 54 nC Romeinse keiser*. Deur ’n reeks toevalle word hy ná die moord op die grootheidswaansinnige en praalsugtige Kaligula in 41 nC keiser. As kind was een van sy speelmaats Herodes*2 Agrippa I (9 vC–44 nC, vgl Hand 12:1-25), wat hom by… Lees Meer »
CLAUDIUS LISIAS was volgens Hand 23:26 die naam van die kommandant van die Romeinse (Kyk by: Romeinse Ryk) garnisoen in Jerusalem* wat Paulus* uit die hande van die oproerige skare in die tempel* gered het (Hand 21:27–22:30) en hom daarna voor die Sanhedrin* gestel het (Hand 23:1-11). Nadat ’n komplot om Paulus te vermoor, bekend… Lees Meer »
CLAYTON, GEOFFREY HARE (1884–1957) is in Leicester, Engeland, gebore. In 1934 is hy verkies tot Anglikaanse* biskop* van Johannesburg. Hy het ’n sterk missionêre roepingsbesef gehad en baie gedoen vir die opheffing van en sending* onder die swart gemeenskap. Alan Paton* skryf in Life and Times of Geoffrey Clayton dat Clayton se intreerede as aartsbiskop… Lees Meer »
CLINEBELL, HOWARD JOHN jr (1922–2005) gradueer in 1944 aan die DePauw-universiteit en ontvang daarna ’n BD (1947) van Garrett Theological Seminary. In 1954 behaal hy ’n PhD aan die Universiteit van Columbia. Hy was Metodiste*-predikant wat in verskeie gemeentes gewerk het voordat hy in 1959 ’n aanstelling kry in die Fakulteit Teologie by die Universiteit… Lees Meer »
CLOETE, GERHARD DANIËL (DAAN) () het sy predikantsopleiding aan die Universiteit van Wes-Kaapland ontvang. Nadat hy die destydse NG Sendingkerk* se gemeente* Worcester-Suid vir enkele jare bedien het, het hy aan die Teologiese Skool van Kampen studeer en daar ’n doktorsgraad in Nuwe Testament* onder leiding van Herman Ridderbos* oor die Evangelie van Johannes* voltooi…. Lees Meer »
CLOETE, MICHIEL DANIËL VICTOR (DOOMPIE) (1913–1992) was waarskynlik die mees gedekoreerde offisier wat die Suid-Afrikaanse Weermag en die Polisie nog gehad het. Cloete het in sy dienstermyn in die Weermag onder meer die Medalje vir Troue Diens en die Suiderkruisdekorasie ontvang, asook die Militêre Kruis vir Dapperheid, die Italië-Ster, die Afrika-Ster, die 1939-’45-Ster, die Britse… Lees Meer »
CLOETE, THEUNIS THEODORUS (1924–2015) is digter, kortverhaalskrywer, letterkundige en psalmomdigter. Vir sy voortreflike omdigting van die Psalms vir die Afrikaanse Liedboek van die kerk (NGKU, 2001), het hy die Andrew Murrayprys* in 2002 verwerf. Die Hertzogprys (twee keer) en etlike ander pryse is ook aan hom vir sy bellettrie toegeken. Cloete was jare lank bekend… Lees Meer »
CMR. Kyk by: Christelike Maatskaplike Raad
CNO-SKOLE. Kyk by: Christelik-Nasionale onderwys.
COCCEJUS, JOHANNES (1603–1669) (eintlik was sy van Coch) was ’n prominente Duitse figuur in die 17de en 18de eeuse Protestantse* kerkgeskiedenis. Hy was ’n tydgenoot van Gisbertus Voetius* en veral bekend vir sy eie benadering tot en inkleding van die gereformeerde* teologie*. Hy het sy opleiding in Hamburg en Franeker gehad met Maccovius en Amesius*… Lees Meer »
COERTSE, MARIA SOPHIA (MIMI) (1932–) is in Durban gebore en het in Johannesburg en Wenen studeer. In 1957 word sy lid van die Weense Staatsopera en was op dié operahuis se rooster tot 1978. Een van haar bekendste optredes was as sopraan in Bach* se Matthäus-Passion met Fritz Wunderlich as tenoor en Julius Patzak as… Lees Meer »
COERTZEN, PIETER (1943–). Coertzen behaal BA en MA aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en ontvang sy verdere teologiese opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy behaal sy DTh in 1976. In 1977 word hy dosent in ekklesiologie* aan die Teologiese Fakulteit, Universiteit Stellenbosch. Hy dien ook ’n termyn as dekaan, en is… Lees Meer »
COETZEE, MAGRIET. Kyk by: Bouwer, Alberta Magdelena.
COLENSO, JOHN WILLIAM (1814–1883) se worsteling in die tweede helfte van die 19de eeu met bepaalde aspekte van kritiese teologie*, soos die outeurskap van die Pentateug*, kan as ’n belangrike moment in die teologiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika beskou word. Colenso is as wiskundige in Engeland opgelei. Hierna het hy na Suid-Afrika gekom waar… Lees Meer »
COLGATE, WILLIAM (1783–1857) is in Kent, Engeland, gebore. Vanweë sy pa se simpatie met die Amerikaanse kolonies en die Franse rewolusioniste, moes hy uitwyk, en het die gesin in 1798 na Amerika verhuis. Toe William sestien jaar oud was, moes hy uitspring en gaan werk omdat sy pa nie langer vir hom kon sorg nie…. Lees Meer »
COLYN, CHRISTOFFEL (1930–2007) is in 1955 op Stellenbosch as predikant* gelegitimeer, en was daarna Kuilsrvier en Napierville se predikant voordat hy in 1962 kapelaan van die SA Polisie in Pinetown geword het. In 1969 is hy na Pietermaritzburg-Suid, in 1974 na Pretoria-Polisiekollege en vanaf 1975 tot met sy aftrede in 1990 was hy kapelaan-generaal van… Lees Meer »
COMBRINK, HANS JACOB BERNARD (1940–) behaal aan die Universiteit van Pretoria sy BA, BD en BA Honneurs (Grieks*) almal met lof. Hy verwerf sy doktorsgraad in 1969 aan die Vrije Universiteit* van Amsterdam met as proefskriftitel Die diens van Jesus. ’n Eksegetiese beskouing oor Markus 10:45. Hy was eers predikant* van die NG Gemeente Wonderboom… Lees Meer »
COMENIUS, JOHANN AMOS (1492–1570) (sy van in sy moedertaal, Tjeggies, is Komensky) is op 28 Maart 1592 in Niwnic in Morawië gebore. Sy ouers was lede van die Morawiese* Broederskap en hyself het ook sy hele lewe lank lid en pleitbesorger van die Broederskap gebly. Ná studie aan die Calvyn-Akademie van Herbron en ook aan… Lees Meer »
CONE, JAMES HAL (1938–) is opgelei aan die Garrett Theological Seminary en Northwestern University, waar hy in 1965 gedoktoreer het met ’n proefskrif oor The Doctrine of Man in the Theology of Karl Barth. Hy is later benoem as professor aan die Union Theological Seminary in New York. Hy is sterk beïnvloed deur die bevrydingsteologieë*… Lees Meer »
CONFUSIANISME. Die stigter van Confusianisme, K’ung-fu-tzu of Confusius, is in 551 vC in China gebore en sterf in 479 vC. Komende uit die sg Ju-skool het hy in ’n chaotiese, onsekere tyd wat gekenmerk is deur korrupsie, ’n groep studente rondom hom vergader om die morele, sosiale en politieke probleme van sy dag te debatteer…. Lees Meer »
CONFUSIUS is in 551 vC as K’ung-fu-tzu gebore. Die basis van sy leer was die begrip van menslikheid (jen). Kyk verder by Confusianisme.
CONRADIE, ERNST MARAIS (1962–) het in 1992 aan die Universiteit van Stellenbosch gepromoveer met ’n proefskrif getiteld Teologie en pluralisme: ’n Kritiese analise van David Tracy se voorstel van ’n analogiese verbeelding. Hy doseer sedert 1993 sistematiese teologie en etiek aan die Universiteit van die Wes-Kaap, en was in 2007 onder meer uitvoerende sekretaris van… Lees Meer »
COOK, CALVIN WIGHT (1927–) is gebore uit ’n toegewyde Presbiteriaanse* familie. Na ’n aantal jare in die kerklike bediening, het hy dosent en hoogleraar in kerkgeskiedenis* aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad geword. Cook was, naas sy positiewe betrokkenheid by die Presbiteriaanse Kerk* in Suid-Afrika, ook baie geïnteresseerd in samelewingskwessies. Hy was ’n ywerige lid van… Lees Meer »
COPTIC ORTHODOX CHURCH. Kyk by: Kopties-Ortodokse Kerk in Suid-Afrika.
COTTESLOE-BERAAD kan in baie opsigte as een van die belangrike keerpunte in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis van die 20ste eeu beskou word. Dit het in Desember 1960 by die Cottesloe-koshuis van die Witwatersrandse Universiteit plaasgevind. Die Cottesloe-beraad, wat deur die Wêreldraad van Kerke* (WRK) in samewerking met sy lidkerke in Suid-Afrika georganiseer is, was ’n regstreekse… Lees Meer »
CRAFFORD, DIONNE (1935–) was een van ’n groep jong dominees wat in die 1960’s ná die verskyning van die Tomlinson-verslag (waarin die sendingnood in die destydse “tuislande” beklemtoon is) as sendeling na Rivoni in die Gazankulu van daardie dae vertrek het. In 1969 is hy as professor in kerkgeskiedens* en godsdiens- en sendingwetenskap* aan die… Lees Meer »
CRANMER, THOMAS (1489–1556) was teen 1520 verbonde aan die Jesus College in Cambridge en ’n priester*2. Hy was ten gunste van ’n oop benadering tot Skrifgesag* en ’n beleid wat geestelikes se rykdom en voorregte sou inperk. Cranmer het in 1529 koning Henry* VIII se guns gewen deur te verklaar dat die koning se egskeiding*… Lees Meer »
CREW, WILLIAM FRED (WILLIE) (1952–), kleinseun van ’n Baptiste*-predikant, word in ’n Christelike milieu groot, maar wend hom eers ná 11 jaar as sakeman tot die bediening. Hy studeer teologie* aan die Hatfield Christian Church in Pretoria waar hy van 1983 tot 1989 as pastoor met opdrag kerkplanting* werk. In 1989 stig hy die World… Lees Meer »
CROMWELL, OLIVER (1599–1658) kom uit ’n gegoede familie en ontvang ’n deeglike skoolopleiding. In 1628 word hy parlementslid en van 1640 af verteenwoordig hy Cambridge. As Vrye of Independente Calvinis* veg hy teen die “Goddelike reg” van die koning, sowel as teen staatsdwang in die kerk, hetsy episkopaal* of presbiteriaal* van aard. Gedurende die burgeroorlog… Lees Meer »
CROMWELL, THOMAS (circa 1485–1540) was onderleg in die reg, die handel en die sakewêreld. Hierdie bekwame politikus met sterk menings oor binnelandse en buitelandse beleid het in 1523 Britse parlementslid geword. Cromwell het ’n beskermling van kardinaal* Wolsey geword, maar ná hierdie beskermheer tot ’n val gekom het, het hy al meer toenadering tot Henry*… Lees Meer »
CRONJÉ, HENDRIK (HENNO) (1931–) het aan die Universiteit van Pretoria, in Nederland onder NP van Wyk Louw* en in die VSA studeer. Hy word in 1958 die NG predikant van Brits, daarna studenteleraar van Heidelberg (Transvaal) en gemeentepredikant van Waterkloof, en in 1977 direkteur van inligting van die sinodes van Wes-, Noord- en Suid-Transvaal, Natal… Lees Meer »
CRONJÉ, JOHAN MARTHINUS (JOHANNIE) (1914–2006) is in die distrik Vredefort in die Vrystaat gebore. Nadat hy sy skoolloopbaan aan die Greykollege in Bloemfontein voltooi het, is hy na die Sendinginstituut* op Wellington. Hier behaal hy sy diploma vir sendelinge* summa cum laude in 1936. Ná ’n eenjarige mediese kursus vir sendelinge in Londen, vertrek hy… Lees Meer »
CRONJÉ, WESSEL JOHANNES (HANSIE) (1969–2002) het in 1987 aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer. Hy was ’n gebore sportman en het die Vrystaat op skoolvlak in krieket sowel as rugby verteenwoordig. In 1991 maak hy sy debuut as toetskrieketspeler teen die Wes-Indiese Eilande, en in 1992 sy eendag-internasionale krieketdebuut teen Australië. Hy word kaptein van Suid-Afrika… Lees Meer »
CROSSAN, JON DOMINIC ### Lemma word geskryf.
CROUS, FREDERIK REYNARD (FREDDIE) (1906–1983) is in Riversdal gebore en wou van vroeg af predikant* word, maar omstandighede het dit verhinder. Hy word mettertyd bestuurder van die CSV-boekwinkel op Stellenbosch, en begin die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) op die dag dat die Tweede Wêreldoorlog* uitgebreek het, 6 September 1939, aan die Rand. CUM was van die… Lees Meer »
CROUS, TIMOTHEUS (TIMO) (1935–) verwerf BComm in 1964 aan die Witwatersrandse Universiteit, en sluit in 1953 by sy pa, Freddie Crous*, se Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM)* aan, waarvan hy in 1972 die besturende direkteur geword het. Hy was president van die Bybelverspreidingsorganisasie die Gideons* in Suid-Afrika, en het in dié organisasie se internasionale raad gedien. Sy… Lees Meer »
CROWTHER, SAMUEL AJAYI (circa 1800–1891) is vroeg in die 1800’s in Yorubaland, Nigerië, gebore. In min of meer 1821 is hy deur ’n slawehandelaar aan die Portugese verkoop. Die skip wat die slawe Amerika toe moes neem, is deur die Britte voorgekeer en Crowther is vrygelaat. Hy is na Freetown in Sierra Leone gestuur waar… Lees Meer »
CSV. Kyk by: Christenstudentevereniging
CULLMAN, OSCAR (1902–1999) is in Straatsburg gebore, het aan die universiteite van Parys en Straatsburg gestudeer en in 1930 professor in Straatsburg geword. Van 1938 tot 1972 was hy aan die Universiteit van Basel verbonde met die leerstoel in Ou Testament*. Hier het hy met Karl Barth* kontak gemaak. Hy het gehelp dat hierdie Switserse… Lees Meer »
CUM. Kyk by: Christelike Uitgewersmaatskappy.
CUSSONS, SHEILA (1922–2004) is gebore op Piketberg, opgelei as beeldende kunstenaar en het verskeie suksesvolle solo- en retrospektiewe uitstallings in Suid-Afrika gehad. Sy vestig haar in Barcelona (1956–1980) en daarna in Kaapstad. Sy tree veral as Katolieke* digter op die voorgrond. Haar debuutbundel Plektrum (1970) is oor ’n kwarteeu geskryf. Kenmerkende eienskappe van haar digterskap… Lees Meer »
CYPRIANUS. Kyk by: Siprianus.
CYRILLUS. Kyk by: Kurillos.
COETZEE, PETRUS STEFANUS ZACHARIUS (OOM PIETIE) (1885–1975) het op sy geboortedorp Boshof skoolgegaan totdat hy as 14-jarige penkop by ’n Boerekommando aangesluit het. Na afloop van die Anglo-Boereoorlog* in 1902, ontvang hy sy verdere skoolonderrig op Franschhoek. Aan die Victoria-kollege (die latere Universiteit van Stellenbosch) kry hy die graad BA en word daarna wiskunde-onderwyser op… Lees Meer »