IBIS
IBIS. Kyk by: Diere van die Bybel.
IBIS. Kyk by: Diere van die Bybel.
IDEOLOGIE is ’n denksisteem waarin ’n sekere idee in so ’n mate verabsoluteer word, dat dit die maatstaf is waaraan alles beoordeel word. Die idee wat as vertrekpunt dien, is vir die voorstanders daarvan so seker, dat dit hoegenaamd nie bevraagteken word nie. Hulle sien dit gewoonlik so dat hulle alleen die waarheid in pag… Lees Meer »
IGNATIUS VAN ANTIOGIË (?–98/117) is die eerste persoon van wie ons weet dat hy ’n biskop* was. Hy was die biskop van Antiogië*. Ons ken Ignatius uitsluitlik deur sewe briewe wat hy geskryf het. Gedurende die heerskappy van die Romeinse keiser* Trajanus (98–117 nC), word Ignatius gearresteer en onder soldatebegeleiding na Rome* geneem om daar… Lees Meer »
IGNATIUS VAN LOYOLA (1491–1556) is bekend as die stigter van die Orde van die Jesuïete (Society of Jesus). Hy is in die kasteel van Loyola in Spanje gebore, en volg as jongman ’n militêre loopbaan totdat ’n deel van sy regterbeen in ’n geveg deur ’n kanonkoeël vergruis word. Terwyl hy in die kasteel van… Lees Meer »
IKABOD was die kleinseun van Eli* en seun van Pinehas* wat gebore is toe sy ma gehoor het dat haar man en skoonpa in die geveg met die Filistyne* gedood is (1 Sam 4:19-22). Sy naam beteken “Waar is die eer?” en verwys na die wegneem van die ark*2 uit Israel*. Spreekwoordelik is iets “ikabod”… Lees Meer »
IKONE is plat beelde, gewoonlik met eierverf op hout geskilder. Dit kan ook van ivoor of gekleurde glas of ander materiale gemaak word. Ikone word in die Grieks–Ortodokse*, Katolieke* en Anglikaanse* kerke gebruik om die Persone van die Drie–eenheid*, die heiliges, of tonele uit die Bybel* af te teken. Veral in die Grieks-Ortodokse Kerk word… Lees Meer »
IKONIUM was ’n stad in die suide van die sentrale deel van Klein-Asië, en is deur Paulus* tydens sy drie sending*reise (Hand 13:51; 16:1-5; 18:23) besoek. Ikonium (vandag: Konya) was vroeg reeds ’n welvarende stad in landbou en handel. Dit was geleë op ’n belangrike kruising wat Rome* en die Griekse stede in Agaje*, Masedonië*… Lees Meer »
IKONOGRAFIE. Die term “ikoon” is van ’n Griekse* woord afgelei wat prentjie of voorstelling beteken. Ikone* is daarom ’n grafiese voorstelling of simbool wat ’n objek voorstel of verteenwoordig. Ikonografie is ’n stelsel van sulke simbole of prentjies wat sekere essensiële aspekte of elemente van ’n kultuur of godsdiens voorstel. Hiërogliewe (die prentjieskrif van Egipte*)… Lees Meer »
ILLUMINATI. Van al die geheime organisasies in die wêreld is die Illuminati waarskynlik die een waaroor daar die meeste gepraat en gegis word. Daar bestaan uiteenlopende sienings oor die Illuminati en sy invloed. Die term “Illuminati” strek so ver terug as die 14de eeu. In Latyn beteken dit letterlik “die verligtes”. Die Illuminati het oor… Lees Meer »
IMMANENSIE VAN GOD. Die immanensie van God verwys na die alomteenwoordigheid van God in die skepping* en maak dus ’n wesenlike deel uit van die Christelike Godsidee. Hierdie belangrike leerstelling word gewoonlik in balans gehou deur die parallelle leerstelling van die transendensie* van God. Die teologiese begrippe immanensie en transendensie gee dus uitdrukking aan die… Lees Meer »
IMMANENTE DRIE-EENHEID. Kyk by: Drie-eenheid.
IMMANUEL is ’n simboliese naam in Hebreeus* en beteken: “God by ons”. Dit kom vier keer voor: Jes 7:14, in Matt 1:23 aangehaal, Jes 8:8 en 10. In Jes 7:13-14 gee die Here* vir die geslag van Dawid* en vir koning Agas* (wat nie van die Here nie, maar van die koning van Assirië* hulp verwag)… Lees Meer »
IMMORALITEIT. Kyk by: Onsedelikheid.
IMPERATIEF. Die gebiedende (bevelende) vorm van ’n werkwoord. Kyk by: Indikatief/Imperatief-verhouding.
IMPERIALISME het te maak met die veroweringsdrang van lande en die gevolglike uitbreiding van hulle mag na ander wêrelddele. Deur sy tegniese, militêre en ekonomiese oormag was Europa vroeg reeds in staat om gestalte te gee aan die drang tot uitbreiding. ’n Uiters weersprekende aspek van Europese imperialisme was nog altyd die verskynsel dat handel… Lees Meer »
IN CHRISTUS is ’n besonder betekenisvolle Nuwe-Testamentiese uitdrukking wat hoofsaaklik in die Paulusbriewe voorkom. By Paulus* is dit so prominent dat baie skrywers meen dat “in Christus” die kern van Paulus se boodskap uitmaak. Godsdiens-historici het beweer dat ons hier met volbloed mistiek* te maak het: gelowiges* se gees versmelt tot ’n eenheid met Christus*…. Lees Meer »
IN VITRO-BEVRUGTING (letterlik: in glas-bevrugting) is die mediese prosedure wat benut word om swangerskap op ’n kunsmatige manier te bewerkstellig. Bevrugting word buite die baarmoeder bewerkstellig deur sperm (van die eggenoot of ’n skenker) en ’n aantal eierselle in ’n glasbakkie met vloeistof bymekaar te bring. Die eierselle word verkry deur hormoonbehandeling en die afsuig… Lees Meer »
INCLUSIVE AND AFFIRMING MINISTRIES (IAM) het in 1999 die naam van die destydse Gay and Lesbian Outreach geword, ’n organisasie wat in 1996 onder leiding van Pieter Oberholzer* gestig is. IAM bestry homofobie* en diskriminasie teen homoseksuele* mense in die Christelike gemeenskap. Met talryke projekte word kerke in Suidelike Afrika aangemoedig om hulle siening en… Lees Meer »
INDEPENDENT BAPTIST CHURCH het in 1977 tot stand gekom en maak deel uit van die Baptiste*-groepering in die Suid-Afrikaanse konteks. Hulle het bykans 5 500 lidmate en 6 000 volgelinge (2015). Hulle hoofkantoor is in Mandini in kwaZulu-Natal.
INDEPENDENTE CALVINISME. Kyk by: Browne, Robert.
INDEPENDENTISME is die benadering van ’n bepaalde kerklike groepering uit die puritanisme* wat teen die hoogkerklike Anglikanisme* in opstand gekom het tydens die bewind van onderskeidelik die seun en kleinseun van Mary Stuart, koning James I (1566–1625) en koning Charles I (1625–1649). Die sg “nonkonformiste” of “dissenters” het in 1640 sterk teen die koning se… Lees Meer »
INDIKATIEF/IMPERATIEF-VERHOUDING. Indikatief en imperatief is twee terme waarmee twee vorms of modi van ’n werkwoord aangedui word. ’n Werkwoord in die indikatief-modus beskryf ’n handeling wat plaasvind, bv: “Die man skop die hond.” ’n Werkwoord in die imperatief-modus beskryf ’n opdrag om ’n handeling uit te voer, bv: “Skop die hond, man!” Dit kan eenvoudig… Lees Meer »
INDIWIDUALISME is ’n standpunt wat neerkom op die verabsolutering van die belangrikheid van die mens as indiwidu. Dit is as standpunt veral invloedryk in die politieke, sosiale en ekonomiese denke. In die politieke filosofie het John Stuart Mill byvoorbeeld aangevoer dat die enigste grond waarop ’n regering mag inmeng in die privaatlewe van indiwidue, die… Lees Meer »
INFRALAPSARISME. Kort ná die Reformasie* het daar onder gereformeerdes* verskil van mening ontstaan oor die tydstip waarop God sy ewige besluite geneem het. Die infralapsarisme het gesê dat God sy besluite van verkiesing en verwerping ná (Latyn: infra) die sondeval* (Latyn: lapsus) geneem het, terwyl die supralapsarisme gesê het vóór (Latyn: supra) die sondeval. Op… Lees Meer »
INHEEMSWORDING. Die “drie-selwe-beweging*” in die kerk* beklemtoon kriteria wat met die organisasie en bestuur van die kerk te doen het. Dit is ’n vorm van inheemswording wat veral in die Engelse en Amerikaanse wêreld van die 19de eeu gevolg is. Die Europese wêreld, veral die Duitse romantiek*, het die klem gelê op die volk* en… Lees Meer »
INISIATIEWE VIR VERANDERING. Kyk by: Morele herbewapening.
INKARNASIETEOLOGIE. Kyk by: Grieks-Ortodokse teologie.
INKULTURASIE en bevrydingsteologie* is die belangrikste twee vorms van kontekstuele teologie*. Dit is die eerste keer in 1962 gebruik, hoewel die saak self van die begin af deel van die evangelieboodskap was. Die evangelie* bestaan nêrens sonder dat dit in ’n kultuur* vergestalt is nie. In die Konstantynse* periode is die Christelike geloof* só met… Lees Meer »
INKWISISIE kom van die Latynse woord inquisitio wat beteken om ondersoek te doen. As eienaam – “Die Inkwisisie” of “Die Pouslike Inkwisisie” – is dit ’n spesiale internasionale hof wat in 1231 deur pous Gregorius IX ingestel is om dwaalleraars te vervolg. Die kerklike leer wat deur konsilies vasgestel is, moes teen dwaallering* beskerm word… Lees Meer »
INNOCENTIUS III (1160–1216). Lothar van Segni is een van die belangrikste pouse* van die Middeleeue. ’n Afstammeling van ’n aristokratiese familie, was hy beroemd vir sy intellektuele en diplomatiese vernuf, asook vir sy geleerdheid. Hy is tot pous verkies toe hy slegs 37 jaar oud was. Oortuig daarvan dat die kerk* en staat* elkeen sy… Lees Meer »
INSPIRASIE. Wat die Bybel* uniek maak, is die feit dat dit, volgens die Skrif* self, deur God geïnspireer is en wel deur ’n baie besondere handeling van die Heilige Gees*: “Want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van… Lees Meer »
INSPIRASIETEORIEË. Die gesag wat aan die Bybel* toegeken word, hang ten nouste saam met die manier waarop daar oor die inspirasie* van die Skrif* gedink word. Die siening wat meestal in gereformeerde* kringe aanvaar word, word aangedui as organiese inspirasie. Daarmee word gesê dat God deur sy Heilige Gees* die Bybelskrywers gebruik het as instrumente… Lees Meer »
INSTITUUT VIR BLINDES. Kyk by: Blindes, Instituut vir.
INSTITUUT VIR DOWES. Kyk by: Dowes, Instituut vir.
INTEGRITEIT. Kyk by: Karakter.
INTELLEKTUELE SPIRITUALITEIT. Kyk by: Spiritualiteitsmodelle.
INTELLIGENSIE, KUNSMATIGE. “Artificial intelligence”(AI) is die term wat internasionaal gebruik word om kunsmatige intelligensie – dié van rekenaars, slimfone, selfone, die internet ens – aan te dui. Dié “intelligensie” het die laaste dekades in omvang, beskikbaarheid en vermoë fenomenaal gegroei. Daar word gesê dat ’n kind in Afrika met ’n slimfoon meer intelligente toegang tot… Lees Meer »
INTERNASIONALE SENDINGKONFERENSIES. Kyk by: Sendingkonferensies, Internasionale.
INTERNASIONALE SENDINGRAAD (ISR). Hierdie liggaam is in 1921 in Londen gestig as uitvloeisel van die Internasionale Sendingkonferensie* te Edinburg (1910). Aanvanklik het die inisiatief hoofsaaklik van die kant van die noordelike sturende kerke en lande gekom, maar die doel van die ISR was om ’n internasionale netwerk van “sturende” en “ontvangende” liggame daar te stel… Lees Meer »
INTERNET-EVANGELISASIE. Die internet het die wêreld van kommunikasie permanent en totaal verander. Die internet, ’n Westerse (Amerikaanse) “uitvindsel”van die laat 20ste eeu, en lankal in die Weste onvervangbaar deel van die alledaagse lewe, het in ’n land soos China vanaf 250 000 in 1997 tot meer as 600 miljoen gebruikers in 2015 gegroei. Suid-Amerika en… Lees Meer »
INTERNET-PORNOGRAFIE. Kyk by: Pornografie.
INVESTITUURSTRYD. Kyk by: Gregorius VII.
INWENDIGE MENS/INNERLIKE MENS/DIEPSTE WESE. Paulus* gebruik die term “inwendige mens” (Grieks* éso ánthropos – Rom 7:22; 2 Kor 4:16; Ef 3:16) – in teenstelling met “uiterlike mens” (éxo ánthropos). Die onderskeiding herinner aan die onderskeiding “gees-vlees”, maar is nie presies dieselfde nie. “Inwendige mens” is baie na aan “hart” (kardia), waarmee Paulus die wese van… Lees Meer »
IRAK. Volgens sommige navorsers was die volgende plekke in die huidige Irak of het die gebeure daar plaasgevind: Die tuin van Eden. MesopotamiëH. NoagH het die ark1H daar gebou. Die toringH van Babel. AbramH het uit Ur, in suidelike Irak, gekom. IsakH het sy vrou in Nahor in Irak gaan haal. JakobH het daar met… Lees Meer »
IRENAEUS (circa 175–195), biskop van Lugdunum in Gallië (nou bekend as Lyon in Frankryk), was waarskynlik ’n swartman van Smirna in Klein-Asië, wat as ’n jong seun na die leringe van die apostoliese vader Polikarpos* geluister het. Dit bring hom in noue kontak met die apostoliese geslag en die tradisies van die ouderlinge*. Irenaeus studeer… Lees Meer »
IRRASIONALISME, “wat nie rede-lik is nie”, kry as begrip slegs betekenis deur dit te kontrasteer met rasionalisme*, en daarom is irrasionalisme ’n retrospektiewe begrip. Die eerste begripsvorming van die “irrasionele” vind ons in die denke van die vroeë Grieke in wiskunde met betrekking tot “irrasionele” getalle, maar ook in die sfeer van die menslike met… Lees Meer »
IS-BOSET was die seun van Saul*. Hy is deur Abner*, Saul se leëraanvoeder, ná Saul se dood as koning aangestel oor die gebiede waar Dawid* nog nie ondersteuning gehad het nie (2 Sam 2:8). Volgens 1 Kron 8:33 was sy naam eers Is-Baäl (= man van Baäl), maar is in 2 Sam 8:4 verander na… Lees Meer »
ISAI is Dawid* se pa (1 Sam 16) en voorvader van Jesus* (Matt 1:5-6). Isai was die kleinseun van Boas* en Rut* en die seun van Obed* (Rut 4:18-22). Isai het agt seuns gehad, waarvan Dawid die jongste was. Dawid is in opdrag van God deur Samuel* gesalf as koning. Terwyl Dawid vir Saul* gevlug… Lees Meer »
ISAK was die langverwagte seun van Abraham* en Sara* en die tweede aartsvader* (Gen 17:19; 21:3). Die naam Isak beteken “hy wat lag”. God gee aan Abraham die opdrag om Isak op die berg Moria te gaan offer, maar God voorsien ’n ram in sy plek. Abraham stuur sy slaaf na Mesopotamië* om vir Isak… Lees Meer »
ISEBEL is die koningin van Israel*4 wat getroud was met Agab*. Isebel is bekend vir haar wreedheid en sy vermoor talle profete* van God. In 1 Kon 19 lees ons hoe Isebel op die profeet Elia* se spoor is om hom te vermoor. Toe Elia hierdie nuus hoor, vlug hy en bevind homself onder die… Lees Meer »
ISHERWOOD, ANNIE CECELIA (MOEDER CECILE) (1862–1906) is in Uxbridge, Engeland, gebore. Haar ma is oorlede toe sy 8 was en haar pa 5 jaar later. Sy is deur haar broer en vriende van die gesin grootgemaak. By St Peters in Eaton Square, Londen, het sy haar lewe as non* aan die Here* en die kerk*… Lees Meer »
ISIDORUS (560–636) ontvang sy opvoeding in die katedraalskool in Sevilla waar hy onderrig is in grammatika, retoriek, logika, rekenkunde, sterrekunde en musiek. Hier raak hy ook die klassieke tale, Grieks*, Latyn en Hebreeus*, in ’n kort tydjie baas. Hy volg sy broer Leander as aartsbiskop* van Sevilla op. Gedurende hierdie tyd is daar verskeie belangrike… Lees Meer »
ISJTAR is die belangrikste Babiloniese* godin sedert die 2de millenium vC, met tempels onder andere in Babel* en Nineve*. Isjtar was oorspronklik ’n Semitiese* vrugbaarheids- en maangodin. Sy verplaas mettertyd die ouer Sumeriese Innana-godin en word hoof van die Babiloniese panteon. Isjtar was die koningin van die hemele en is veral geassosieer met seksualiteit* en oorlog*…. Lees Meer »
ISLAM is, soos die Christendom* en die Judaïsme*, ’n “godsdiens van die boek”. Die woorde “Islam” en “Moesliem” (of Moslem) is afgelei van die Arabiese werkwoord aslama – om (jou) te onderwerp. Dit het die betekenis van jou aan God te onderwerp, jou aan God oor te gee. Die Moesliems is daarvan oortuig dat hulle… Lees Meer »
ISLAM Islamitiese fundamentalisme en demokrasie Daar was ’n tyd in die Middeleeue toe die Islamitiese beskawing aansienlik verder as dié in Europa gevorder was. Dit was tegnologies die geval, maar ook wat betref die mediese wetenskap, die filosofie, die geskiedskrywing – selfs die teologie. Die herlewing van die beskawing in Europa, die Renaissance*, is grotendeels… Lees Meer »
ISLAM EN CHRISTENDOM. Kyk by: Christendom en Islam.
ISLAM EN CHRISTENDOM. Kyk by: Christendom en Islam.
ISLAM IN SUID-AFRIKA. Die eerste Moesliem-slawe (Kyk by: Slawe aan die Kaap) het spoedig ná die aankoms van Jan van Riebeeck* uit die Ooste na Suid-Afrika gekom. Nie lank daarna nie het die Mardykers, Moesliems* uit die oostelike dele van Nederlands-Oos-Indië (Molukke), as vrymense in die Kaap aangeland. Nog meer betekenisvol was die aankoms van… Lees Meer »
ISLAM-GROEPERINGS. Daar is twee hoofstromings of -groeperings in die Islam*-wêreld: die Soenniete en die Sjiïete. In die meeste Islamitiese lande is die Soenniete oorheersend: Saoedi-Arabië, Afganistan, Pakistan, Indië, Egipte*, Turkye, Soedan. Iran is veral Sjiïties, Irak het ’n meerderheid Soenniete, maar ’n baie sterk Sjiïetekomponent. Die skeur in Islam-geledere het in 632 nC ontstaan. Mohammed*… Lees Meer »
ISLAM: SENDINGWERK ONDER MOESLIEMS. Die Moesliemgeloof is na Suid-Afrika gebring deur Moesliemslawe en kontrakarbeiders (Kyk by: Islam in Suid-Afrika). Dié mense het hulle geloof en gebruike streng bewaar. Islam* verwag van sy aanhangers om hulle geloof uit te dra, en dit groei tans vinnig in Afrika. Moesliems se geloof staan baie sterk, want van hulle… Lees Meer »
ISLAMITIESE STAAT”(IS) is ’n terreurgroep wat in Februarie 2014 outonoom geword het nadat Al-Kaida hom amptelik van sy eertydse “vennoot” gedistansieer het. Die IS se strewe is om ’n kalifaat – ’n Islamitiese staat – te vestig. Die doel van ’n kalifaat is om alle Moesliems oor die wêreld heen te verenig. Volgens prof Hussein… Lees Meer »
ISMAEL is die naam van verskeie persone in die Bybel*. ‑Hy is die seun van Abraham* en Sara* se slavin Hagar* (Gen 16). Tydens Hagar se swangerskap het God al aan haar belowe dat Hy haar nageslag groot sal maak. Ná Isak se geboorte is Hagar en Ismael weggestuur deur Sara en Abraham. God het… Lees Meer »
ISRAEL. Die naam Israel (dit beteken in Hebreeus* letterlik “God het geworstel”) word in verskillende kontekste gebruik. Ou Testament: ‑Ná sy worstelstryd met die man by die Jabbok* word in Gen 32:28 aangedui dat Jakob* eerder Israel genoem sal word. Hierdie benoeming versterk natuurlik die assosiasie dat Jakob die pa van die twaalf seuns… Lees Meer »
ISRAEL. Die naam Israel (dit beteken in Hebreeus* letterlik “God het geworstel”) word in verskillende kontekste gebruik. Nuwe Testament: ‑In die Nuwe* Testament word hierdie tendens voortgesit. In die Evangelies* word die term soms ook vir die land gebruik (“dorpe van Israel” Matt 10:23), maar meesal as verwysing na die volk Israel (“die huis van… Lees Meer »
ISRAEL. Die naam Israel (dit beteken in Hebreeus* letterlik “God het geworstel”) word in verskillende kontekste gebruik. Die moderne staat Israel ‑Die naam Israel word ook gebruik om te verwys na die moderne staat Israel wat in 1948 geproklameer is. Ortodokse en nasionalistiese Israeli’s (soos die inwoners van die moderne Israel genoem word) glo dat… Lees Meer »
ITAMAR is ’n seun van Aäron*. Hy is saam met sy pa en broers, Nadab, Alihu en Eleasar, as priesters*2 aangestel (Eks 28:1; Lev 8, 9). Itamar was in beheer van die kosteberekening vir die bou van die tabernakel* (Eks 38:21) en later in beheer van die Gerson*-groep, wat die “drawerk” in die tabernakel gedoen… Lees Meer »