E-BRON
E-BRON. Kyk by: Pentateug; en ook: Pentateugbronne.
E-BRON. Kyk by: Pentateug; en ook: Pentateugbronne.
e-KERK ### LEMMA WORD GESKRYF.
EBAL EN GERISIM* is twee berge in die sentrale gedeelte van Palestina*, noord en suid van Sigem*1. Ebal is 940 meter bo seevlak. Die twee berge was die plek waar die verbondshernuwingseremonie plaasgevind het nadat die volk die beloofde land ingetrek het. Tydens die seremonie moes die wet op klip geskryf word, ’n altaar* gebou… Lees Meer »
EBED-MELEG beteken “dienskneg van (die) koning”. Hy was ’n Etiopiese eunug (eunug: “ontmande persoon, gewoonlik as vroue-oppasser in ’n Oosterse harem”, HAT, 2005) wat bekend was in die paleis van koning Sedekia*. Hy was goed bekend met die werksaamhede in die paleis, die politieke en buitelandse beleid, die intriges en onreg teenoor Jeremia*. Hy het… Lees Meer »
EBELING, GERHARD (1912–2001), is al as een van die invloedrykste Protestantse* teoloë van die 20ste eeu beskryf. Ebeling, ’n Lutheraan*, het die Christelike godsdiens hoofsaaklik uit ’n historiese perspektief verstaan. Hy het hom veral besig gehou met die verband tussen Bybel* en geloof*. Taal en metode is belangrike instrumente in sy teologiese raamwerk. Hy word… Lees Meer »
EBEN-HAESER. Samuel* het hier ’n monument opgerig in dankbare herinnering aan die hulp van God wat sy gebed verhoor het in ’n geveg teen die Filistyne* (1 Sam 4:1; 5:1; 7:5-12). Die naam Eben-Haeser beteken “klip/steen van hulp”. Dit is dieselfde plek waar Israel* vantevore verslaan en die ark*2 geneem is. Die posisie van Eben-Haeser… Lees Meer »
EBIONIETE. Kyk by: Menswording.
ECKHART, JOHANNES (MEISTER ECKHART) (circa 1260–1327/8) is in Hochheim in Duitsland gebore, en tree as tiener toe tot die Dominikaanse orde (Kyk by: Dominikane). Hy studeer in Parys en Keulen. Buiten dat hy by tye klas gee in Parys, is hy tien jaar lank professor in teologie* in Straatsburg (1313–1323). Eckhart is veral om twee… Lees Meer »
EDEN, TUIN VAN is deur God vir die mens aangelê (Gen 2:8), ’n plek vol van oorvloed en prag in die ooste. Die mens moes hierdie tuin bewerk en oppas. Eden word beskryf as ’n bron van water en vrugbaarheid, deurdat die rivier wat daar ontspring, uitvloei en vertak in die Pison*, Gihon*2, Tigris* en… Lees Meer »
EDIK VAN MILAAN (313 nC). Konstantyn* die Grote het in 306 nC, met die dood van sy pa, Konstantius, ’n Romeinse keiser* geword. Die Romeinse Ryk* was in daardie stadium verdeel tussen ses Romeinse keisers waarvan almal, behalwe Konstantyn, die Christene* vervolg het. In 312 nC oorwin Konstantyn die magte van ’n ander Romeinse keiser,… Lees Meer »
EDIK VAN NANTES. Een van die gevolge van die Reformasie (Hervorming*) was dat daar verskeie reformatoriese kerke naas die Katolieke Kerk* tot stand gekom het. Spoedig het dit ’n vraag geword hoe die verhouding tussen die staat* en kerke* gereël moet word om spanning en bloedvergieting te voorkom. In Engeland is die koning tot hoof… Lees Meer »
EDIK VAN WORMS. Kyk by: Lutheranisme; en ook: Protestantisme.
EDINBURG 1910. Kyk by: Internasionale sendingkonferensies.
EDOM. Die nageslag van Jakob* se broer Esau* word die Edomiete genoem (Gen 36:9). Sommige kere word hulle gewoon “Edom” genoem (Gen 25:30; 36:1, 8, 43). Esau/Seïr is die voorvader van die Edomiete op dieselfde manier as wat Jakob/Israel die naamgewer is van die Israeliete*. Die kinders van Esau het klaarblyklik die Horiete uitgedryf uit… Lees Meer »
EDOMIETE. Kyk by: Edom.
EDWARDS, JONATHAN (1703–1758) was ’n Kongregasionalistiese* predikant* en teoloog. Sy visie van die heelal was dié van ’n interafhanklike bestaansisteem wat ’n eenheid vorm. Hy was ’n oortuigde Calvinis, maar is ook deur Locke* se sielkunde en Newton* se wetenskaplike benadering beïnvloed. Sy loopbaan in die teologie* het begin terwyl hy nog ’n student aan… Lees Meer »
EED. Die konteks van ’n eed in die Bybel* is dié van verdrag- of verbondsluiting*. Waarheid* moes in belangrike sake gepraat word. Daarom was ’n eed noodsaaklik. Sweer, eed, vloek* en seën* is ten nouste aan mekaar verbind. “Eed” en “vloek” word soms saam gebruik (Num 5:21-22; Dan 9:11). Die verbreking van ’n eed en… Lees Meer »
EEIII. Kyk by: Kennedy, Dennis James.
EENHEID EN VERSKEIDENHEID. ’n Verskeidenheid fasette, strukture, gebeurtenisse en samelewingsverhoudings is ineengeweef in die skepping*, met die mens* as kroon daarvan. Die mens het nie alleen deel aan die fisiese, biotiese en sensitiewe dimensies van die natuur nie, want slegs die mens kan logies redeneer, kultuur* vorm, talig kommunikeer, spaarsamig optree, skoonheid waardeer, die reg… Lees Meer »
EENHEID VAN DIE KERK. Soos God in die drie gestaltes van Vader*, Seun* en Heilige Gees* één wese is, so is almal wat deur Christus* in God glo, wesenlik één (Ef 4:3-6). Hierdie eenheid is nie deur die toedoen van die betrokke mense bewerkstellig nie – dit is die werk van die Heilige Gees* (Ef… Lees Meer »
EER EN SKANDE (of skaamte) is begrippe wat deur geleerdes gebruik word wat daarin geïnteresseerd is om meer van die sosiale wêreld van die Bybel* te beskryf en te verstaan. Die terme is veral gebruik om die Mediterreense wêreld van die 1ste eeu nC (die tyd van die Nuwe Testament*) te beskryf, maar is ook… Lees Meer »
EERLIKHEID dui op respek vir die waarheid*. Waarheid beteken dat die leuen, bedrog en korrupsie teengestaan word (Kyk by: Misdaad). Eerlikheid dui egter ook op waaragtigheid. Waaragtigheid beteken dat mense eg, opreg en betroubaar is, dat hulle met integriteit*, karakter en konsekwentheid leef. Eerlikheid beteken dus dat mense betroubaar is, dat ons getrou aan mekaar… Lees Meer »
EERSGEBORENE. In die Bybelse* tye toe die gesin* en breër familie*konteks die identiteit en status van mense in ’n groot mate bepaal het, was eersgebore seuns (= oudste seuns) in ’n belangrike en bevoorregte posisie. Die ergste en deurslaggewende van die tien plae* wat die farao* oortuig het om die Israeliete uit Egipte* te laat… Lees Meer »
EERSTE AFGESTUDEERDES (TEOLOGIESE SEMINARIUM/KWEEKSKOOL, STELLENBOSCH). Die opening van ’n eie teologiese opleidingsinrigting vir die NG Kerk* is op Stellenbosch in die vooruitsig gestel, met as eerste professore J Murray* en NJ Hofmeyr*. Wie sou die eerste kwekelinge wees? Aanvanklik kon geen geskikte kandidate vir teologiese opleiding gekry word nie, en daarom sou die professore belangstellendes… Lees Meer »
EERSTE BEGINSELS. In die Griekse filosofie* is hierdie uitdrukking gebruik om te verwys na die vier basiese elemente: grond, lug, vuur en water. Volgens die destydse beskouing het alles uit dié vier elemente bestaan. Die Nuwe Testament* gebruik die uitdrukking egter op ’n ander manier. In Gal 4:3 en 4:9 praat Paulus* van die “eerste… Lees Meer »
EERSTE SINODE. Kyk by: Berrangé, Jan Christoffel.
EERSTE WÊRELDOORLOG (1914–1918) – aanvanklik bekend as die Groot Oorlog – se regstreekse oorsaak was die sluipmoord op kroonprins Frans Ferdinand van die Habsburgse Huis deur die Serwiese nasionalis, Gavrillo Princip. Dit is grotendeels meegebring deur die militêre verpligtings van die Europese verdragstelsel sedert 1905 om ’n magsbalans te verseker. Al die deelnemende nasies aan… Lees Meer »
EERSTELING is ’n term ontleen aan die landbou en rituele kultus van die Ou Testament*, waar die eerstelinge van die oes funksioneer as aankondiging van die oes en as verteenwoordigend daarvan aan God gewy is (bv Eks 23:16). Waar die term in die Ou Testament één keer simbolies funksioneer (Jer 2:3), word dit in die… Lees Meer »
EFA. Kyk by: Mate, gewigte, geld.
EFESE was een van die grootste stede in die antieke en die belangrikste kommersiële stad en hoofstad van die Romeinse* provinsie Asië*. As hawestad naby die Kaistorrivier se monding, is dit strategies geleë aan die trans-Anatoliese hoofweg na Rome* en die sentrale punt vanwaar afstande bereken is. In die 10de eeu vC word die oorspronklike… Lees Meer »
EFESIËRS, DIE BRIEF AAN DIE (BYBELBOEK). Hierdie brief* word saam met Filippense*, Kolossense* en Filemon* as Paulus* se “Gevangenskapbriewe” geklassifiseer. In party van die oudste en beste manuskripte van Efesiërs word die naam “Efese” nie in 1:1 genoem nie. Daarom vermoed kenners dat die brief oorspronklik nie spesifiek vir die gemeente* in Efese bedoel was… Lees Meer »
EFFATA is ’n Griekse woord en beteken “gaan oop” (Mark 7:34). Die Effataskool vir blinde en dowe leerlinge is in Januarie 1958 op inisiatief van die NG Kerk* se sending by Umtata (tans Mthatha) in die destydse Transkei geopen. Onder leiding van ’n aantal bekwame hoofde – onder andere Olive Morrison, PP Peach en H… Lees Meer »
EFOD was ’n kledingstuk soortgelyk aan ’n voorskoot wat deur die hoëpriesters* gedra is. Die meeste inligting hieroor vind ons by Aäron* se kleed (Eks 28 en 39). Hierdie kledingstuk was met edelstene versier, en het die status van die priester* beklemtoon. ’n Borsstuk* was aan die efod vas, en die Urim* en Tummim* (waarmee… Lees Meer »
EFRAIM was die jongste van Josef* en Asenat* se twee seuns. Hy is in Egipte* gebore (Gen 46:20). Efraim en sy broer Manasse* is deur Jakob* aangeneem en hy het hulle as sy eie seuns geag. Elkeen het die voorvader van ’n stam van Israel* geword. In die seën van Jakob word dié twee ingesluit… Lees Meer »
EFRAIMSPOORT. Kyk by: Vispoort.
EGBREUK (OWERSPEL) beteken om geslagsgemeenskap te hê met iemand anders as jou huweliksmaat. Dit behels die verbreking van die huweliksbeloftes van getrouheid, vertroue en toewyding. Volgens Jesus* kan egbreuk ook die vorm van gedagtes en begeertes aanneem (Matt 5:27-30). Party mense bepleit die instelling van “oop” huwelike, wat seksuele vryheid as uitgangspunt sal hê. Die… Lees Meer »
EGERIA. Kyk by: Kerkvaders.
EGIPTE is ’n land in Noord-Afrika. Die inwoners was in die tyd van die Bybel* hoofsaaklik beperk tot die waterryke Nylvallei en het hoofsaaklik bestaan uit kleinboere, handelaars en ambagsmanne, met ’n klein groepie ryk elite. Die ekonomie en landbou was ten nouste verbind met die jaarlikse oorstroming van die Nyl*, wat die besproeiingskanale gevul… Lees Meer »
EGIPTIESE HALLEL. Kyk by: Hallel.
EGLON is die naam van ’n koning en van ’n plek: ‑Hy was die koning van die Moabiete* wat volgens Rig 3 die Israeliete* vir 18 jaar onderdruk het. Eglon, wie se naam moontlik “kalfie” beteken, word beskryf as ’n vet man wat dui op die voorspoed wat hy geniet het ten koste van die… Lees Meer »
EGOÏSME. Op die vraag: “Hoe behoort ons te leef?” antwoord (etiese) egoïsme: Streef jou eie belange na. In ’n kru, alledaagse betekenis is ’n egoïs iemand wat self-gesentreerd en selfsugtig optree, en ongevoelig staan teenoor die belange van ander – wat normaalweg as oneties beoordeel word, omdat moraliteit* (en Christelike liefde*!) eerder die teenoorgestelde van… Lees Meer »
EGSKEIDING is ’n traumatiese, kritieke, spanningsvolle proses wat die wetlike beëindiging van ’n huwelik* deur ’n hofbesluit en die ontbinding van ’n huweliksverhouding impliseer en ’n verandering van die gesinsfunksionering en die kommunikasie- en ondersteunende netwerk meebring. Egskeiding is ’n proses wat uit verskillende fases bestaan. Breedweg kan die voor-egskeidingsfase (besluitnemingsfase), die fase tydens egskeiding… Lees Meer »
EHUD, seun van Gera, was afkomstig uit die stam van Benjamin*. Hy het die Israeliete bevry van die Moabiete* deur hulle koning, Eglon*, met ’n dolk te vermoor. Hy het sy vyand uitoorlê deur, as linkshandige, sy dolk aan sy regtersy onder sy klere weg te steek. Hy was die tweede rigter* in Israel* en… Lees Meer »
EICHRODT, WALTHER (1890–1978) studeer in Bethel, Greifswald en Heidelberg, Duitsland. Sy eerste proefskrif het hy in 1914 voltooi oor die bronneprobleme in Genesis*. Sy tweede proefskrif is in 1918 voltooi oor die tema van hoop as ewige vrede. Sedert 1922 doseer hy aan die Universiteit van Basel, Switserland, waar hy in Ou Testament* en godsdiensgeskiedenis… Lees Meer »
EIENSKAPPE VAN GOD. In die verlede het teoloë sekere beginsels gebruik om die eienskappe van God te formuleer. Die een is om by die mens se eienskappe te begin. Maar omdat God anders as die mens is, het hulle die mens se eienskappe aangepas om by God te pas. Omdat God groter is as… Lees Meer »
EINDOORDEEL. Kyk by: Oordeel.
EINDTYD. Kyk by: Laaste dae.
EINSTEIN, ALBERT (1879–1955) is aan die einde van die 20ste eeu deur die Amerikaanse tydskrif Time as “die man van die eeu” beskryf. Einstein het in München, Duitsland, grootgeword as die seun van Joodse ouers. Die gesin verhuis later na Italië en hy voltooi sy skoolloopbaan in Switserland. Nadat hy die toelatingseksamen vir ’n kursus… Lees Meer »
EITEMAL. Kyk by: Erlank, Willem Jakobus du Plooy.
EKKLESIA. Daar is ongeveer 114 verwysings in die Nuwe Testament* waar die gemeente* of die gemeenskap van die gelowiges* beskryf word. Die woord ekklesia kom waarskynlik uit die Septuaginta*, die Griekse* Ou Testament*, waar dit die Hebreeuse* qahal weergee. Ekklesia is moontlik afgelei van die Griekse woord kaleõ wat “roep” beteken. Die kerk* is dan… Lees Meer »
EKKLESIASTIKUS. Kyk by: Wysheid van Jesus Sirag, en ook: Apokriewe boeke.
EKKLESIOLOGIE. Letterlik beteken dié woord “die leer oor die kerk” en stam van die Griekse woord ekklesia* af, wat “uitgeroep” beteken. Ekklesiologie as teologiese dissipline bestudeer die kerk* – die ontstaan, bestaan en voortbestaan daarvan. Die vakgebied word normaalweg onderverdeel in kerkgeskiedenis* en kerkreg*. Die woord “kerk” kan etimologies dalk van kyriake afstam, wat “behorende… Lees Meer »
EKOLOGIE EN GODSDIENS. In ’n beroemde opstel met die titel “The Historical Roots of our Ecological Crisis” (1967) het die Amerikaanse historikus Lyn White die blaam vir die ekologiese krisis vierkantig voor die deur van die Joods*-Christelike* tradisie gelê. Hy reken dat die logika van oorheersing alreeds in Gen 1:28 aanwesig is. In vergelyking met… Lees Meer »
EKOLOGIE IN SENDING. Ekologie is die verhouding van die lewende organismes tot hulle omgewing (HAT, 2005). Die skade wat aan die omgewing aangerig is/word, is een van die grootste bedreigings vir mens* en aarde* in die 21ste eeu. Daar is verskeie redes waarom die ekologie deel van die kerk* se sending*-agenda moet wees. 1. Die… Lees Meer »
EKOLOGIESE TEOLOGIE. Kyk by: Ekologie en godsdiens.
EKONOMIESE ETIEK. Kyk by: Etiek, Ekonomiese
EKONOMIESE GEREGTIGHEID Kyk by: Ekonomiese ongelykheid.
EKONOMIESE GLOBALISERING maak deel uit van ’n meer omvattende proses van globalisering* wat gekenmerk word deur die deurkruising en vervaging van die politieke, ekonomiese en kulturele (Kyk by: Kultuur) grense wat deur nasiestate opgerig is. Nie alleen word fisiese afstande tussen mense al meer oorbrug nie, maar ook die afstand tussen verskillende kultuurvorms, ekonomiese en… Lees Meer »
EKONOMIESE ONGELYKHEID. Ekonomiese ongeregtigheid word in die Bybel* in veral die Ou Testament* op ’n ondubbelsinnige en skerp wyse veroordeel. Die profete se aankondiging van God se oordeel oor sy volk berus in baie gevalle op God se afkeer in die verdrukking van die armes deur die rykes. Amos* wys bv daarop dat God raaksien… Lees Meer »
EKONOMIESE TRINITEIT. Kyk by: Drie-eenheid.
EKONOMIESE VERANTWOORDELIKHEID. Werkloosheid, wat gepaard gaan met die groterwordende gaping tussen ryk en arm in Suid-Afrika, is ook ’n wêreldfenomeen wat hom afspeel tussen die sogenaamde welvarende Noorde en die arm Suide. Sommige Christene* meen dat Christus* aan indiwiduele gelowiges die opdrag gegee het om hulle gawes te gebruik om minderbevoorregtes te help deur liefdesdiens… Lees Meer »
EKRON was een van die hoofstede van die Filistynse* pentapolis*, die gebied van die vyf Filistynse regeerders. Dit word eerste in die Bybel* genoem as deel van die “land wat nog oorbly” en nog deur die Israeliete* verower moes word (Jos 13:2-3). Ekron was ook die gebied wat die noordelike grens van die gebied van… Lees Meer »
EKSEGESE kan beskryf word as die wetenskaplik-verantwoorde prosesse waardeur énige teks uitgelê word. In Christelike omgewings word eksegese uiteraard deur Bybelwetenskaplikes, predikante en ander geïnteresseerdes gebruik om die Bybel* uit te lê. Deeglike eksegese behoort die basis te vorm van Bybelkommentare, maar ook van elke preek en ander soort Skrifuitleg wat in geloofsgemeenskappe gelewer word…. Lees Meer »
EKSISTENSIALISME verwys na een van die belangrikste stromings in die 20ste-eeuse Europese filosofie (Kyk by: Eksistensiefilosofie). Die grondlegger van hierdie denkwyse was weliswaar die 19de-eeuse Christendenker, Søren Kierkegaard*. Sy werke, wat oorspronklik in Deens geskryf is, is eers aan die begin van die 20ste eeu in Duits en Engels vertaal, en het ’n groot invloed… Lees Meer »
EKSISTENSIEFILOSOFIE is ’n Europese filosofiese stroming, ook kortweg bekend as eksistensialisme*, wat veral ná die Eerste Wêreldoorlog* Europese denke oorheers het. As denkvoorlopers geld Sjestov, Maine de Biran, maar veral die Deense filosoof-teoloog Søren Kierkegaard* (1813–1855) wat as die vader van eksistensialisme beskou word. In kritiese reaksie op die invloedryke voorafgaande Hegeliaanse* denke waarin die… Lees Meer »
Ekskommunikasie. Alhoewel daar vir “ekskommunikasie” nie ’n ekwivalente term in die Bybelse tale, Hebreeus en Grieks, is nie, is die praktyk van die Latynse term ex-communio (= uitsluiting van die communion/nagmaal*), wat volgens die konsilie* van Nisea* (325) tot akoinonetoi (“dié wat nie koinonia ervaar nie”) lei, van vroeg af deel van die kerklike tug*handeling*…. Lees Meer »
EKSODUS. Kyk by: Uittog.
EKSODUS (BYBELBOEK). Die tweede boek van die Pentateug* se naam “Eksodus” is afgelei van die Griekse en Latynse vertalings van die Ou Testament* en benadruk Israel* se uittog* uit die verdrukkende slawerny in Egipte*. In Hebreeus* word na Eksodus as Sjemôt verwys wat “name” beteken en dit hou verband met die voorafgaande lys van name… Lees Meer »
EKSODUS, NUWE. Kyk by: Nuwe eksodus.
EKSORSIS(ME). Demoonbesetenheid (Kyk by: Demone) was algemeen bekend in antieke Babilonië*, Egipte* en Griekeland. Verskeie siekte- en maniese toestande is aan besetenheid toegeskryf. Eksorsiste gebruik magiese woorde, formules en handelinge vir demoonuitdrywing (eksorsisme). Waar moontlik, word die demoon se naam genoem, omdat geglo is dat bekendheid met die naam beheer oor die demoon inhou. Die… Lees Meer »
EKSTASE is ’n verrukking van sinne waartydens iemand die normale staat van bewussyn transendeer. Paulus* se wegrukking na die derde hemel (2 Kor 12) en die Pinkstergebeure (Hand 2) dien as voorbeelde. Ekstatiese verskynsels word met die ontvangs van profesieë* verbind (1 Sam 19:20-24), maar steeds met soberheid (1 Kon 18:26-29; 2 Kor 12:6). Die… Lees Meer »
EKUMENE kom van die Griekse werkwoord oikeo (“om te bewoon”) en is in die antieke tyd gebruik om die bewoonde wêreld aan te dui. Griekse skrywers het die begrip ingespan om na die beskaafde (Griekssprekende) wêreld te verwys. Eeue later het die Romeine die begrip “ekumene” vir die Romeinse Ryk* wat oor die wêreld versprei… Lees Meer »
EKUMENE EN DIE NG KERK. Kyk by: Nederduitse Gereformeerde Kerk en ekumene.
EKUMENIESE KONSILIES. Daar was sewe ekumeniese* konsilies waar die Oosterse (Grieks-Ortodokse Kerk*) en Westerse (Katolieke Kerk*) kerke saam verteenwoordig was voor die groot kerkskeuring tussen oos en wes in 1054, naamlik Nisea I (325), Konstantinopel I (381), Efese (431), Chalcedon (451), Konstantinopel II (553), Konstantinopel III (680) en Nisea II (787). By dié konsilies is… Lees Meer »
EKUMENIESE ORGANISASIES (AFRIKA EN SUID-AFRIKA). Net soos in ander wêrelddele, word die kerke in Afrika* deur verskillende ekumeniese* organisasies saamgebind. Die All Africa Conference of Churches (AACC) wat in 1963 in Kampala (Uganda) gestig is, verteenwoordig die meerderheid hoofstroomkerke op die vasteland. Die hoofkantoor van die AACC is in Nairobi (Kenia). Evangeliese (Evangelikaliese*) kerke in… Lees Meer »
EKUMENIESE TEOLOGIE. Gedurende die 20ste eeu, toe die ekumeniese* beweging met rasse skrede gegroei het, het die behoefte aan teologiese besinning – die ontwikkeling van ’n ekumeniese teologie* – sterk na vore gekom. Sommige voorstanders het die klem daarop gelê dat al die verskillende teologiese dissiplines (Ou* en Nuwe* Testament, sistematiese teologie* en etiek*, kerkgeskiedenis*,… Lees Meer »
EL. Vir Godsnaam kyk by: Elohim; vir lengtemaat kyk by: Mate, gewigte, geld.
ELEASAR/ELIËSER. Elf persone in die Bybel* het die naam Eleasar (of Eliëser, wat dikwels as wisselvorm gebruik word). Die naam beteken “God is my hulp/krag”. Die bekendste drie is die volgende: ‑In Gen 15:2-3 lees ons dat Abraham* ’n slaaf* met hierdie naam gehad het. Abraham het vir God gesê dat hy Eliëser sy erfgenaam… Lees Meer »
ELI. Die verhaal van Eli, ’n priester* by Silo* en ’n rigter*/leier in Israel*, word in 1 Sam 1–4 vertel. Hy is veral bekend vir die rol wat hy in Samuel* se lewe gespeel het. Aanvanklik het Eli gedink dat Hanna* dronk was toe sy vir ’n seun gebid het (1 Sam 1:13), maar hy… Lees Meer »
ELIA was ’n profeet afkomstig uit Tisbe in Gilead* (1 Kon 17:1). Sy vroeë geskiedenis is onbekend. Sy getrouheid aan God en die aankondiging wat hy gemaak het dat daar vir baie jare lank droogte en hongersnood sou wees as straf vir Israel* se sonde*, het gemaak dat koning Agab* en sy vrou, Isebel*, baie… Lees Meer »
ELIËSER. Kyk by: Eleasar.
ELIHU is ’n literêre karakter in die boek Job*. Hy tel nie onder die drie vriende wat aan die begin en einde van die boek genoem word nie. Verklaarders beskou sy redevoering (Job 32–37) as ’n later byvoeging tot die boek. Hy probeer die dooiepunt in die gesprek opklaar en redeneer dat God nie net… Lees Meer »
ELIM beteken “magtige bome”. Dit was die tweede bymekaarkomplek van die Israel*iete terwyl hulle onderweg was na die berg Sinai*2 (Eks 15:27; 16:1; Num 33:9). Elim het twaalf putte met water gehad en sewentig palmbome. Die Israeliete het waarskynlik vir ’n geruime tyd by Elim vertoef. Daar word gereken dat Elim die plek was wat… Lees Meer »
ELIMELEK was ’n inwoner van Betlehem*, ’n familielid van Boas*, asook Rut* se skoonpa (Rut 1:1-4; 2:1). Daar was droogte in die gebied waar Elimelek gewoon het en hy het met sy vrou Naomi* en hulle twee seuns na Moab* getrek. Elimelek het kort daarna gesterf. Sy familie het egter in Moab bly woon en… Lees Meer »
ELISA beteken “my God is redding”. Dit is die naam van ’n persoon en van ’n eiland. ‑Elisa was die seun van Safat uit Abel-Megola en was Elia* se leerling en opvolger as profeet*. Ons lees die eerste keer van Elisa in 1 Kon 19:16 waar Elia die opdrag kry om hom te gaan salf*… Lees Meer »
ELISABET beteken letterlik “God is eed”. Sy was die dogter van ’n Aäronitiese priester* (Luk 1:5). Sy en haar man, Sagaria*, was vroom mense. Toe sy op hoë ouderdom vir die eerste keer swanger word, erken sy God se hand daarin. Met die besoek van haar bloedverwant, Maria*, Jesus* se ma, beweeg haar kind,… Lees Meer »
ELJADA. Kyk by: Beëljada.
ELJAKIM beteken “God sal tot stand bring”. Eljakim was die seun van Gilkija tydens die koningskap van Hiskia*. Hy was een van drie offisiere wat Hiskia in die veertiende jaar van sy heerskappy vooruitgestuur het om die Assiriese* weermag van Sanherib* te ontmoet. Eljakim en die ander offisiere moes daarna die boodskap van die Assiriërs… Lees Meer »
ELKANA beteken “God het geskep”. Twee persone het hierdie naam gehad. ‑Elkana was die tweede seun van Korag* (Eks 6:23). Elkana was ’n Leviet*, hoewel dit nie duidelik is of hy ooit enige amptelike Levitiese take verrig het nie. ‑’n Ander Elkana was die profeet Samuel* se pa (1 Kron 6:27, 34). Hy het ’n… Lees Meer »
ELLENDE-AANKONDIGINGS. Kyk by: Oordeelsaankondigings.
ELLIS, GEORGE FRANCIS RAYNER (1940–), ’n teoretiese kosmoloog, het die Templetonprys* van $1,4 miljoen in 2004 gewen vir sy bydrae tot dialoog tussen die teologie* en die wetenskap. Ellis is in Johannesburg gebore, het BSc met onderskeiding in 1960 aan die Universiteit van Kaapstad verwerf, en sy PhD in 1964 in toegepaste wiskunde en teoretiese… Lees Meer »
ELOFF, SAREL JOHANNES (1919–2005) was ’n predikant van die NG Kerk* in die mees gereformeerde* sin van die woord. Sy bediening het gewentel rondom besondere Skrifprediking, deeglike kategese*, getroue pastorale werk en ’n innige gebedslewe, terwyl sy sterk en soms onbuigsame leiding in die wyer kerkverband gedra is deur prinsipiële uitgangspunte, belyn vanuit die Skrif*,… Lees Meer »
(1953–) was agter die skerms een van die sleutelfigure in die veelparty-onderhandelings wat tot die daarstelling van ’n demokratiese Suid-Afrika in 1994 gelei het. Eloff se rol was die kulminasie van jarelange betrokkenheid by hervormingspolitiek. Hy is in Potchefstroom gebore en het hom aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO)* in… Lees Meer »
ELOHIM is ’n Hebreeuse woord – ûlÿhîm – en beteken “god/gode”. Dit kom 2 570 keer in die Ou Testament* voor en kan in verskillende betekenisse gebruik word. Dit kan verwys na die “gode” van ander nasies (Egipte*: Eks 12:12; Amoriete*: Jos 24:15; Arameërs*: Rig 10:6). Dit kan ook verwys na ’n enkele god (Kemos*… Lees Meer »
ELOHIS. Kyk by: Pentateug; en ook: Pentateugbronne.
EMANASIE verwys na ’n soort Godsbeskouing en skeppingsbeginsel waar op belangrike maniere afgewyk word van die monoteïsme* en die skeppingsleer van die Bybel*. Volgens die Bybel bring God die wêreld deur sy skeppingswoord tot stand. Volgens aanhangers van die idee van emanasie – veral in die Gnostiek* aan die begin van ons jaartelling – kom… Lees Meer »
EMANSIPASIE. Die woord “emansipasie” beteken eenvoudig “bevryding”. Die begrip self word veral gebruik in die politiek-ekonomiese filosofie* en teologie* van die 20ste eeu. Die idee is in ’n groot mate geïnspireer deur Karl Marx* met sy analise van die struktuur van die kapitalistiese (Kyk by: Vryemarkekonomie) maatskappy waarin die voortgesette onderdrukking van die proletariaat (werkersklas)… Lees Meer »
EMMANUEL ASSEMBLIES het in 1977 tot stand gekom en hulle staan in die evangeliese Pinkstertradisie. Hulle hoofkantoor is in Tzaneen geleë. Hulle het 150 gemeentes en ongeveer 5 000 lidmate. Hulle beskik ook oor kerke in Swaziland en Mosambiek.
EMPIRISME was oorspronklik ’n stroming van die kenteorie* wat gestel het dat ons al ons kennis deur ons sintuie verwerf. Reeds deur Thomas van Aquino* (Nihil est in intellectu, nisi prius fuerit in sensu: Niks is in die verstand as dit nie eers in die sintuie was nie) het die empirisme ’n invloed op die… Lees Meer »
EN-DOR was ’n stad in Manasse* (Jos 17:11), naby Nain. Die naam beteken “fontein van Dor”. Die heks vir wie Saul* gaan spreek het, het in En-Dor gewoon (1 Sam 28:1-25). Die heks het voorgegee dat sy met die geeste van dooies kon kommunikeer. Die heks was baie verbaas toe Samuel* aan haar verskyn het…. Lees Meer »
EN-GEDI beteken “fontein van die bok(kie)” (1 Sam 24:1, 2). En-Gedi is geleë teen die westekant van die Dooie See, op die rand van die wildernis van Judea*. Dit is ’n ruwe gebied met baie rotse en grotte en ook ’n hoë waterval wat ’n groot poel water voed. Die beskikbaarheid van soveel water in… Lees Meer »
EN-MISPAT. Kyk by: Kades-Barnea.
ENGEL is ’n hemelse wese wat God dien. Engele is deur God geskep en sommige van hulle het teen Hom in opstand gekom. Die goeie engele vorm deel van God se hemelse vergadering (Ps 89:6-9) en ook van God se hemelse weermag (Deut 33:2) wat soms deur Hom gestuur word om aan die kant van… Lees Meer »
ENGEL VAN DIE HERE. Kyk by: Engel.
(1923–2013), behaal al sy grade met lof: aan die Universiteit van Pretoria (UP) BA (1943) en BD (1946) en aan die Rijksuniversiteit van Groningen die DTheol (1949). In 1950 word hy as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk* in die gemeente Florida georden. Van 1952 tot 1988 is hy professor en hoof van die departement… Lees Meer »
ENGELBRECHT, BENJAMIN (BEN) (1928–) het op vyftienjarige ouderdom gematrikuleer, aan die Universiteit van Pretoria studeer en sy doktorsgraad in 1954 aan die Universiteit van Utrecht behaal. Hy studeer verder onder die Nederlandse teoloog AA van Ruler* en verwerf ’n tweede doktorsgraad in 1963 aan die Universiteit van Suid-Afrika. Van 1954 tot 1965 was hy predikant… Lees Meer »
ENGELBRECHT, STEPHANUS PETRUS (1891–1977), is in 1921 georden as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk* en word in dieselfde jaar as hoogleraar in kerkgeskiedenis* aan die teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria aangestel. Hier tree hy in 1956 af as dekaan en word toe die eerste voltydse argivaris van sy kerk. Hy het hierdie… Lees Meer »
ENGELE VANDAG. Tree engele vandag nog, soos in die Bybelse* tye, as boodskappers van God en beskermers van mense op? Sannie Wiese het ’n aantal gelowiges se weergawe van ontmoetings met engele gedokumenteer en daarna ontleed om vas te stel wat die gemeenskaplike elemente is. Dit wil hiervolgens voorkom asof engele soms as heerlike wesens… Lees Meer »
ENGELS, FRIEDRICH (1820–1895) het reeds voor sy twintigste verjaardag alle bande met die vroom godsdiens van sy ouers verbreek. Hy raak betrokke by die lot van fabriekswerkers in Duitsland en Engeland, neem kennis van allerlei sosialistiese bewegings (Kyk by: Sosialisme), en skryf reeds in 1844 indringend oor sosiaal-ekonomiese sake met die oortuiging dat privaatbesit (kapitaal… Lees Meer »
ENHIPOSTASIE is die leer dat die menslike natuur van Jesus Christus* onselfstandig is en net in die vereniging met die Goddelike natuur kan bestaan. (Kyk by: Anhipostasie.)
ENKRATISME. Kyk by: Onthouding.
ENOS was die seun van Set* en die kleinseun van Adam* (Gen 5:6-11). Die naam beteken letterlik “sterflike man”. Hy het 905 jaar oud geword. In die dae van Enos het mense begin om die Naam van die Here* op ’n geordende manier met sistematiese aanbidding aan te roep (Gen 4:26).
ENSIKLIEK (literae encyclicae – rondgaande brief) was die naam wat in die Vroeë Kerk* gegee is aan enige brief wat deur ’n biskop* aan ’n bepaalde gebied gestuur is. Deesdae word dit net gebruik vir ’n brief van die pous* aan die biskoppe* van die Katolieke Kerk*. Gewoonlik handel so ’n brief oor sake in… Lees Meer »
EPAFRAS is moontlik ’n verkorte vorm van Epafroditos*, maar is nie dieselfde persoon waarna in Fil 2:25 verwys word nie. Filem 23 identifiseer Epafras as Paulus* se medegevangene wat saam met hom groete aan Filemon* stuur. Kol 1:7 en 4:12 verwys ook na (moontlik dieselfde) Epafras as ’n mededienskneg en ’n medegelowige. Kol 1:5b-8 se… Lees Meer »
EPAFRODITOS (moontlik ’n langer vorm van Epafras*) was ’n gelowige* van Filippi (Kyk by: Filippense) wat deur hulle gestuur is om Paulus* by te staan tydens sy gevangenskap wat óf in Efese* (56–57 nC) óf in Rome* (61–63 nC) was. Die konstante interaksie tussen Paulus en die Filippense* suggereer Efese (nader as Rome) as meer… Lees Meer »
EPIFANIE. Die woord epifanie kom van ’n Griekse* woord wat “verskyning” beteken. Alhoewel Jesus Christus* se heerlikheid in al sy woorde en werke geopenbaar is, word die woord epifanie gebruik om die gebeurtenisse in sy lewe toe sy heerlikheid in die besonder sigbaar was, te beskryf. In beide die Katolieke* en Grieks-Ortodokse* kerke word die… Lees Meer »
EPILEPSIE, onder verskillende name genoem, is van die vroegste geskiedenis aan die mens bekend. Sommige meen dat die Bybel* die voorkoms van epilepsie beskryf (Mark 9:14-29). Hippokrates beskryf dit egter alreeds vroeër as ’n siekte en nie as duiwelbesetenheid nie. Die siekte affekteer mense van elke ouderdom, geslag, ras en sosio-ekonomiese agtergrond. Die wêreldwye-voorkoms van… Lees Meer »
EPISKOPAAT. Die episkopaat is die algemene beskrywing van die werk en sending van ’n biskop*. Deur die Katolieke*, Grieks-Ortodokse* en Anglikaanse* kerke word geglo dat die biskoppe hulle sending in persona Christi Capitis (met die gesag van Christus) uitoefen. Dit beteken dat hulle gestuurdes van Christus* met volle mandaat is, afgesonder vir die evangelie* van… Lees Meer »
EPISKOPALISME. In die breë sin van die woord dui hierdie term op ’n kerklike stelsel waar die biskop* ’n belangrike rol speel (Kyk by: Episkopaat). In enger sin verwys dit na die Anglikaanse* Kerk in die Verenigde State van Amerika, die Episkopaalse Kerk.
EPISTEMOLOGIE, of Kennisleer, het te doen met die vraag hoe ons kennis verwerf – en daarmee saam: Wat is waarheid? Geen wetenskaplike werk sonder ’n bepaalde epistemologie nie en daar is ’n wye verskeidenheid om uit te kies: agnostisisme*, skeptisisme*, rasionalisme*, empirisme*, positiwisme*, realisme*, postmodernisme*, relatiwisme*, postfondasionalisme … Dit is almal kenteoretiese modelle wat ’n… Lees Meer »
ER is die naam van drie persone in die Bybel. ‑Hy was die eersgebore seun van Juda*1 en ’n Kanaänitiese vrou genaamd Bat-Sua*. Jahwe* het hom laat sterf sonder om ’n seun na te laat (Gen 38), omdat hy ’n slegte man was. ‑Hy was die seun van Sela*4, die seun van Juda*1 (1 Kron… Lees Meer »
ERASMUS, DESIDERIUS (1466–1536), was die beroemdste Europese geleerde van die Renaissance*-tydperk. Hy was ’n teoloog, voorste kenner van die Klassieke en ’n grondlegger van die moderne Bybel*wetenskappe, veral as gevolg van die feit dat hy die eerste volledige uitgawe van die Griekse* Nuwe Testament* gepubliseer het. Hy presteer as jongeling buitengewoon goed in Latyn, studeer… Lees Meer »
ERASMUS, LOURENS MARTHINUS (1962–) het sy teologiese studie, en ’n doktorsgraad, aan die teologiese fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat voltooi en het in 1989 die predikant van die NG Gemeente Welkom-Wespark geword. Erasmus het vinnig opgang in die Vrystaatse kerk gemaak en was die jongste en ook die eerste afgestudeerde van die Vrystaatse… Lees Meer »
ERASTUS was ’n algemene naam in Bybelse tye wat drie keer in die Nuwe Testament* voorkom. 1. ’n “Helper” van Paulus* wat saam met Timoteus* uit Efese* na Masedonië* gestuur word (Hand 19:22). 2. “Stadstesourier” wat deur Paulus groete aan Christene* in Rome stuur (Rom 16:23). Dié amptelike titel, wat in talle inskripsies voorkom, se… Lees Meer »
EREDIENS is die tradisionele benaming vir die gemeente* se samekoms. In die naam ere-diens of diens van eer, tree veral die aspek van die aanbidding* en lofprysing* van God sterk op die voorgrond, asook die viering van God se teenwoordigheid (Kyk by: Liturgie). In die Ou Testament* was veral drie elemente prominent in die volk… Lees Meer »
ERFGENAAM VAN GOD. In die Ou Testament* word die land Israel* God se “erfdeel” genoem (2 Sam 21:3 – 1933-Afrikaanse vertaling). Dit beklemtoon dat Israel die land ontvang het omdat God dit so beskik het. In die Ou Testament word soms ook van die volk Israel as God se “erfdeel” gepraat (Deut 32:9). In die… Lees Meer »
ERFSKULD. Kyk by: Erfsonde.
ERFSMET. Kyk by: Erfsonde.
ERFSONDE. Artikel 15 van die Nederlandse Geloofsbelydenis* verwys na die erfsonde (peccatum naturale of peccatum originale) van die mens. Dit is dus deel van die tradisionele gereformeerde* leer. Hoewel die begrip self nie in die Bybel* voorkom nie, veronderstel erfsonde dat 1. almal sondaars* is, en 2. dat almal reeds van hulle geboorte af sondaars… Lees Meer »
ERIUGENA, JOHANNES SCOTUS (circa 810–877) is ’n Ier uit die negende eeu wat na Frankryk gegaan het om daar die beskerming van Karel die Kale te ontvang. Eriugena beklee nie ’n kerklike pos nie, maar staan in beheer van die paleisskool. Hy is dus ’n geleerde in diens van die koning. Sy later lewe is… Lees Meer »
ERLANK, WILLEM JAKOBUS DU PLOOY (EITEMAL) (1901–1985) se belangrikste werk – inderdaad ’n klein meesterstuk – is Jaffie (1953). Dit is ’n “eselsromannetjie” waarin die verhaal van Christus* se geboorte, lewe en sterwe deur dierekarakters vertel word saam met ’n relaas oor hulle eie familie en voorgeslagte se doen en late wat terugloop tot by… Lees Meer »
ERVARINGSTEOLOGIE. Elke vorm van teologie* as “nadenke oor God” probeer om ’n plek aan mense se ervaring van God te gee. Ervaring word erken as ’n “bron” van teologie naas die Bybel*, die kerklike tradisie en die menslike rede. Godservarings maak ’n belangrike deel van die Skrifverhale uit: Moses*, Elia* en Jeremia* uit die Ou… Lees Meer »
ESARHADDON beteken “oorwinnaar”. Esarhaddon was die seun van Sanherib* (2 Kon 19:37) en hy was een van die magtigste konings van Assirië*. Hy is die enigste van die Assiriese konings wat ook in Babilon* geregeer het waar hy vir homself ’n paleis laat bou het. Sy Babiloniese heerskappy het vir 13 jaar geduur, 680–667 vC.
ESAU was ’n seun van Isak* en Rebekka*, die ouer tweelingbroer van Jakob* (Gen 25:24-26; 27:1, 32, 42). Esau se naam beteken “harig/rooi”, omdat hy so harig en rooierig van voorkoms was by geboorte (Gen 25:25). Die geboorteverhaal van Esau vermeld dat die tweede kind, Jakob, aan die eersgebore Esau se hakskeen vasgehou het. Esau… Lees Meer »
ESEGIËL (BYBELBOEK). Esegiël* het as profeet* opgetree onder die mense wat reeds in ballingskap* was. Selfs wanneer hy praat oor dinge wat in Jerusalem* gebeur en profesieë uitspreek oor wat daar gaan gebeur, was hy besig om met die ballinge te praat. Die boek self is waarskynlik nie lank ná die laaste profesie, in 571… Lees Meer »
Esegiël (PERSOON) is die derde van die drie groot profete in die Ou Testament*. Die ander twee is Jesaja* en Jeremia*. Esegiël was ’n jonger tydgenoot van Jeremia. Hy het as profeet opgetree onder die ballinge in Babel* en die eerste deel van sy optrede het saamgeval met die laaste deel van Jeremia se optrede… Lees Meer »
ESKATOLOGIE. Gewoonlik verstaan mense onder eskatologie “die leer van die laaste dinge” en dan dink hulle aan die dinge wat hulle meen kort voor en tydens die wederkoms* van Christus* sal gebeur. Die gedagte is dat ons sedert Christus se aardse bediening in ’n lang, neutrale tydperk ingegaan het, maar dat ons so ongeveer in… Lees Meer »
ESRA (BYBELBOEK). Die boeke Esra en Nehemia* is oorspronklik as een boek gereken (onder die naam Esra), en het tot die Middeleeue as een boek in die Hebreeuse* Bybel* voorgekom. Die Griekse* tradisie het egter sedert die 3de eeu nC dit as twee boeke begin hanteer. Dieselfde het sedert Hieronomus* se Vulgaat* (Latynse vertaling) in… Lees Meer »
ESRA (PERSOON) was ’n Joodse* leier wat in die na-ballingskapse tydperk (Kyk by: Ballingskap) ’n prominente rol gespeel het. Hoewel inligting oor Esra redelik skaars is, kry ons ’n blik op hom in die boeke Esra* en Nehemia* (Esra 7–10 en Neh 8–12). In Esra 7:1 word vermeld dat hy in die sewende jaar van… Lees Meer »
ESRA: 3 ESRA EN 4 ESRA. Kyk by: Apokriewe boeke.
ESSENERS. Kyk by: Qumran.
ESTER (BYBELBOEK) is die laaste van vyf boekrolle wat in die Joodse* tradisie saamgegroepeer is in die derde deel van die Hebreeuse Bybel* (genoem die Geskrifte) en waaruit tydens Joodse feesdae voorgelees word. In die Christelike tradisie word die Griekse vertaling (Septuaginta*) se herindeling van die boeke nagevolg, met Ester as die laaste van die… Lees Meer »
ESTERHUYSE, WILLEM PETRUS (WILLIE) (1936–), is een van die bekendste filosowe en teoloë wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy studeer aan die universiteite van Stellenbosch en Utrecht en behaal sy doktorsgraad met ’n proefskrif oor Nietzsche*, wat later in boekvorm gepubliseer word. Hy doseer filosofie* en staatsleer aan die Universiteit van Durban-Westville en later aan… Lees Meer »
ETAN. Hoewel daar ander persone met hierdie naam voorkom (1 Kon 4:31; 1 Kron 2:6), is die bekendste die seun van Kisi uit die Levitiese familie van Merari (1 Kron 6:44). Volgens Kronieke* het Dawid* die sangers van die tempel* in drie familiegroepe georganiseer. Een groep is deur Etan gelei. In sekere gedeeltes lyk dit… Lees Meer »
ETIEK en moraliteit* funksioneer as wisselterme wanneer hulle gebruik word om te verwys na die universele verskynsel dat mense in hulle alledaagse lewe onderskei tussen dit wat moreel aanvaarbaar en onaanvaarbaar is – hoofsaaklik om selfsugtige gedrag van indiwidue te beperk, of groepdruk te weerstaan. In hierdie praktiese domein van besluitneming en handeling, onderskei ons… Lees Meer »
ETIEK VAN CHRISTELIKE LIEFDE is die benaming vir etiese modelle waarin die liefde* as die hoofsaak van God se wil beklemtoon word. Die Sweeds-Lutheraanse teoloog, Anders Nygren, het met sy klassieke werk, Agape and Eros (1953), grondslagwerk vir die eiesoortige Christelike verstaan van liefde* gedoen. Hy het skerp onderskei tussen die Griekse* en Bybelse* opvattings… Lees Meer »
ETIEK VAN DIE NEO-ORTODOKSIE. Kyk by: Etiek van transendensie.
ETIEK VAN DISSIPELSKAP. Die gedagte van dissipelskap* vorm ’n sentrale deel van die Christelike denke oor die morele (Kyk by: Moraal) lewe. Die moreel goeie word gedefinieer in terme van dissipelskap, oftewel die navolging van Jesus* Christus*. Navolging is méér as ’n nabootsing van Christus. Dietrich Bonhoeffer* het van die belangrikste werk oor dissipelskap geskryf…. Lees Meer »
ETIEK VAN TEGNIEK. Tegniek is die kundige gebruikmaking van middele om ’n gewenste verandering van ’n toedrag van sake teweeg te bring. Die “etiek van tegniek” word ten nouste beïnvloed deur wat ’n mens beskou as die aard van tegniek en tegniese verandering. Hierdie beskouings vorm ’n spektrum tussen determinisme* (tegniek werk en ontwikkel outonoom… Lees Meer »
ETIEK VAN TRANSENDENSIE is die benaming vir etiese modelle waarin die totale andersheid van God, sy ingrype van buite (transendent van) ons sigbare werklikheid en sy openbaring aan ons, beklemtoon word. Dit is gebore uit die verset teen die 19de-eeuse liberale teologie* wat die Christelike geloof in bloot menslike en sosiale terme verstaan het. Hierdie… Lees Meer »
ETIEK VAN VERANTWOORDELIKHEID. Die term “etiek van verantwoordelikheid” is vir die eerste keer deur Max Weber gebruik. In ’n toespraak oor die politiek as beroep (in 1919) kontrasteer hy die etiek van verantwoordelikheid met ’n etiek van oortuiging. Waar laasgenoemde etiek morele oortuigings op ’n abstrakte manier in die politiek toepas sonder om die gevolge… Lees Meer »
ETIEK, CHRISTELIKE. Soms word na dogmatiek* verwys as die wetenskaplike nadenke oor wat die mens glo en na etiek* oor wat die mens doen; in die dogmatiek gaan dit oor die “regtheid” van die geloof en in die etiek oor die “egtheid” daarvan (G Th Rothuizen). So gesien, gaan dit oor “geloof wat deur… Lees Meer »
ETIEK, EKONOMIESE. Die woord “ekonomie” is afgelei van twee Griekse* woorde oikos en nomos en saam beteken dit die reël van die huishouding. In die antieke Griekse samelewing het die ekonomie oor die bestuur van huishoudings gegaan. Vandag omsluit dié woord instellings en prosesse rakende die produksie en verspreiding van materiële goedere. Alhoewel daar groot… Lees Meer »
ETIEK, GLOBALE. Kyk by: Globale etiek.
ETIEK, INLIGTINGS- is ’n onderafdeling van toegepaste etiek wat fokus op die herkenning, ontleding en praktiese hantering van morele probleme wat voortspruit uit die insameling, stoor, verspreiding en gebruik van inligting. Met die opkoms van ’n diens- en inligtingsgebaseerde ekonomie, en die toenemende gebruik van snel-ontwikkelende elektroniese tegnologie vir saketransaksies, kommunikasie, studie en ontspanning, ontstaan… Lees Meer »
ETIEK, KOMMUNITARIESE. Kommunitariese etiek het, soos die woord suggereer, met ’n fokus op gemeenskap te maak. Dit dien dus as ’n kritiek op ’n indiwidualistiese etiek wat nie genoeg met begrippe soos deugde*, praktyke en tradisie* rekening hou nie. Die term “kommunitariese etiek” herinner meer spesifiek aan ’n bepaalde reeks debatte in die politieke etiek…. Lees Meer »
ETIEK, PERSOONLIKE. Die term “persoonlike etiek” het eintlik nie algemeen aanvaarde en vakkundige betekenis binne die breë veld van die Christelike etiek* nie. Tog kan die toevoeging van die term “persoonlike” tot die term “etiek” die volgende inhou: Eerstens sou die bedoeling hiervan kon wees om in geen onduidelike taal nie die mens te laat… Lees Meer »
ETIEK, POLITIEKE. Kyk by: Politieke etiek.
ETIEK, PROFESSIONELE is die wetenskaplike dissipline waarin krities besin word oor die waardes* en norme* wat spesifiek vir professies geld. In die omgangstaal dui dit egter ook op die etiese kode wat binne ’n bepaalde professie geld. In elke professie speel ’n bepaalde etiese kode ’n belangrike rol. Professionele persone beskik oor gespesialiseerde kennis en… Lees Meer »
ETIEK, RASIONALISTIESE is ’n breë modern-Westerse etiese stroming wat die idee verwerp dat moraliteit (Kyk by: Moraal) gebaseer moet word op ’n bron van (Goddelike) gesag, ekstern aan die menslike natuur. Moraliteit ontstaan eerder uit die menslike natuur self, en het te maak met indiwiduele self-regulering. Hugo Grotius* (1583–1645) lê die grondslag vir hierdie opvatting… Lees Meer »
ETIEK, SEKSUELE. Daar word gewoonlik onderskei tussen seks (’n biologiese funksie van die geslagsorgane) en seksualiteit* (’n grondliggende, emosionele dimensie van mens-wees wat nou verbonde is met hoe mense hulle self verstaan en by ander aansluiting vind). In seksuele etiek word Christelike beginsels en seksuele gedrag met mekaar in verband gebring. Toegeneentheid en nabyheid is… Lees Meer »
ETIEK, SOSIALE. Terwyl indiwiduele of personele etiek te maak het met die indiwiduele etiese beslissings, en die sosiale etiek meer met die beslissings ten opsigte van bo-indiwiduele samelewingsinstellings en -strukture, kan ’n skerp skeiding tussen die twee nie gehandhaaf word nie. Van die Griekse filosofie* en die vroeg-Christelike teologie* af is daar deur al die… Lees Meer »
ETIEK, TEOLOGIESE, Kyk by: Etiek, Christelike.
ETIEK, TOEGEPASTE. Kyk by: Besigheidsetiek*, Bio-etiek*, Persoonlike etiek*, Rasionalistiese etiek*, Vredesetiek*, Christelike etiek*, Ekonomiese etiek*, Etiek van liefde*, Etiek van transendensie*, Goddelike gebodsetiek*, Inligtingsetiek*, Navorsingsetiek*, Situasie-etiek*, Kommunitariese etiek*, Professionele etiek*, Sosiale etiek*, Feministiese etiek*, Rasionalistiese etiek*, Etiek van neo-ortodoksie*, Persoonlike etiek*, Etiek van tegniek*, Etiese idealisme*, Etiese naturalisme*, Etiese realisme*, Globale etiek*, Pligte-etiek*, Politieke etiek*,… Lees Meer »
ETIEK, VREDES-. In die Bybel* word vrede* (shalom, eiréne) beskryf as ’n toestand van geluk, harmonie, goeie verhoudings en welsyn, sowel op spirituele as materiële gebied; dit gaan oor sielevrede, goeie intermenslike verhoudings en ’n herstelde verhouding tussen mens en God – ten diepste soos dit in die lewe en werk van Jesus Christus* gerealiseer… Lees Meer »
ETIESE IDEALISME is ’n familie van etiese teorieë wat almal die een of ander morele ideaal stel wat in die alledaagse lewe nagestreef moet word, en met verwysing waarna die alledaagse praktyk beoordeel, en, indien nodig, aangepas of getransformeer moet word. Afhangende van die inhoud wat gegee word aan die morele ideaal, kan etiese idealisme… Lees Meer »
ETIESE NATURALISME is ’n familie van etiese teorieë wat aanvaar dat moraliteit (Kyk by: Moraal) kennis oor die werklikheid weergee, dat morele oordele proposisies is wat waar of vals kan wees, en gevolglik dat alle morele kwaliteite soos “reg” of “goed” verder ontleed kan word in terme van spesifieke eienskappe of feite. Morele oordele het… Lees Meer »
ETIESE REALISME is die opvatting dat dit moontlik is om oor morele feite te kan redeneer, en die morele redes vir ons gedrag aan rasionele kritiek te onderwerp. (Kyk by: Moraal.) Etiese realisme staan of val by die oortuigingskrag waarmee dit kan aantoon wat ’n morele feit is en wat nie. Een interpretasie handhaaf dat… Lees Meer »
ETNOSENTRISME. Ethnos is die Griekse woord vir “volk” en etnosentrisme beteken daarom letterlik om die eie volk te verhef tot die middelpunt van alles. Hierdie patroon van optrede behels ’n lewenshouding wat die waardes, gewoontes, gebruike, opvattings en instellings van die eie volk of etniese groep vooropstel as die normatiewe maatstaf waaraan ander kulture* gemeet… Lees Meer »
ETOS verwys na die morele visie en beginsels, die morele gewoontes en deugde, asook die morele keuses en handelinge van ’n gemeenskap. (Kyk by: Moraal). Etos het te maak met die breë waardes* wat ons aanhang, die soort mense wat ons is, en die soort gedrag wat ons beoefen. Etos roep die gedagte op van… Lees Meer »
EUCHARISTIE. Dié woord is ontleen aan die Griekse* woord vir dankbetuiging of danksegging, en verwys na Jesus* se handeling by die laaste aandete* (1 Kor 11:24; Luk 22:19). Van die eerste eeu af het Christene eucharistie gebruik om te verwys na die erediens waarin hulle herhaal wat Jesus by daardie geleentheid gedoen het. Onder Katolieke*,… Lees Meer »
EUDOKIA. Kyk by: Kerkvaders.
EUNICE was die ma van Timoteus*, Paulus* se bekende medewerker. Sy was ’n Joodse* vrou wat die evangelie* aanvaar het, getroud was met ’n Griek in ’n gemengde huwelik, wat dalk verklaar waarom Timoteus nie besny is nie (Hand 16:1, 3). Sy word in 2 Tim 1:5 aangeprys vir haar voorbeeldige geloof* en in 3:14-15… Lees Meer »
EUNUG. In die Ooste was die oppassers en werkers in die harem (vrouehuis) dikwels ontmandes. Dieselfde geld vir die amptenare van (vroue-)regeerders (bv Hand 8:26-40). Dieselfde Hebreeuse* woord wat in Jes 56:3-4 gebruik word, kom ook op ander plekke in die Ou Testament* voor (bv by ander volke Gen 37:36; 39:1; 40:2, 7; 2 Kon… Lees Meer »
EUODIA, Sintige en Klemens was medewerkers van Paulus* in die gemeente* van Filippi* (Fil 4:2) “in diens van die evangelie*” (Fil 4:3). Paulus berispe vir Euodia en Sintige en maan hulle tot eensgesindheid. Paulus gee geen aanduiding van waaroor hulle verskil het nie, maar die feit dat hy dit nodig vind om hulle by die… Lees Meer »
EUROSENTRISME. Kyk by: Etnosentrisme.
EUSEBIUS VAN SESAREA (275–339) word dikwels “die vader van kerkgeskiedenis*” genoem vanweë sy moeite om die geskiedenis van die Vroeë Kerk* op te teken. Die geskiedwerk van Hegesippus*, waarna hy dikwels verwys, het nie behoue gebly nie. Eusebius het ’n prominente rol tydens die Konsilie van Nisea* in 325 gespeel. Hy het waarskynlik die konsep-bewoording… Lees Meer »
EUTIGES (circa 378–454) was die hoof van ’n groot klooster* in Konstantinopel*, en ’n vroeë monofisiet (Kyk by: Monofisitisme). As monofisiet het Eutiges geleer dat Christus* ná sy menswording net een natuur gehad het, en dat Hy nie op dieselfde vlak as ons mens was nie. Eutiges was ’n groot teenstander van Nestorius* wat geleer… Lees Meer »
EVA is die naam van twee vroue – een uit die allervroegste tye van die Bybel* en die ander uit die vroeë Suid-Afrikaanse geskiedenis. ‑Die eerste Eva is die vrou wat God vir Adam* gemaak het in die tuin van Eden* (Gen 2:20-25). Eva word in die paradysverhaal “die vrou” genoem. Ná die verdrywing uit… Lees Meer »
EVA is die naam van twee vroue – een uit die allervroegste tye van die Bybel* en die ander uit die vroeë Suid-Afrikaanse geskiedenis. ‑Krotoa, deur die koloniste Eva genoem, was ’n Khoekhoen*-meisie. Sy het diensmeisie van Maria van Riebeeck*, die vrou van die eerste Nederlandse kommandeur aan die Kaap (1652), geword. Sy het Nederlands… Lees Meer »
EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (CAPE). ELCSA (Cape), wat heelwat bande met die Morawiese* Kerk in Suid-Afrika het (met sy ongeveer 48 000 lidmate in sy wesstreek en 40 000 lidmate in sy oosstreek), het aanvanklik ’n redelik selfstandige pad geloop, maar tog uiteindelik onderhandel om by die hoofstroom van Evangelies-Lutherse Kerke in Suidelike… Lees Meer »
EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (ELCSA) is die omvattende term vir die Evangelies-Lutherse kerke in Suidelike Afrika. In Natal het die Zoeloe-, Xhosa- en Swazi-groeperings saamgesmelt om die sogenaamde Evangelical Lutheran Church in Southern Africa (ELCSA) (suidoostelike streek) tot stand te bring. Die vier Duitssprekende kerke, naamlik ELCSA (Hermannsburg), ELCSA (Transvaal), ELCSA (Kaap) en… Lees Meer »
EVANGELICAL LUTHERAN CHURCH IN SOUTHERN AFRICA (NATAL-TRANSVAAL). Hierdie Lutherse kerklike groepering is in 1981 gevorm toe die Evangelical Lutheran Church of Southern Africa (ELCSA) (Hermannsburg) en dieselfde kerk van Transvaal saamgekom het om ELCSA (Natal-Transvaal) te vorm. Hierdie kerk is hoofsaaklik Duitssprekend en het ongeveer 12 000 lidmate (2010). Hulle hoofkantoor is in Bonaeropark geleë…. Lees Meer »
EVANGELICAL PRESBYTERIAN CHURCH IN SOUTH AFRICA hoort in breë trekke tot die presbiteriaanse* groep van kerke, maar hulle ontstaansgeskiedenis het grootliks langs ’n ander weg plaasgevind. Die Swiss Reformed Church het ’n sending*poging onder die Sjangaans van Oos-Transvaal en Mosambiek van stapel gestuur. Die kerk wat uit hierdie sendingaksie tot stand gekom het, het voorheen… Lees Meer »
EVANGELIE beteken “goeie nuus” en verwys na die goeie nuus van God se verlossing in Jesus* Christus*. Die gebruik van “evangelie” in die Nuwe Testament* het drie stadiums deurloop: die verkondigingshandeling self (Matt 11:5), die verkondiging se inhoud (1 Kor 15:1 en volgende verse), en ’n boekbenaming (Mark 1:1). Laasgenoemde betekenis kom veral na vore… Lees Meer »
EVANGELIES-GEREFORMEERDE KERK VAN SUID-AFRIKA (sedert 1986 onder hierdie naam bekend) was voorheen bekend as die Nuwe Protestantse Kerk. Hierdie kerk het gedurende die 1940’s van die NG Kerk* afgesplits. Die oorsake daarvoor kan grootliks in die verskil van mening oor die evangeliese of vroomheidsoriëntasie van die NG Kerk in daardie stadium gesoek word. Die persoon… Lees Meer »
EVANGELIESE SPIRITUALITEIT. Kyk by: Spiritualiteitsmodelle.
EVANGELIKAAL. Kyk by: Evangelikale beweging. EVANGELIKALE BEWEGING (TEOLOGIESE KENMERKE)
EVANGELIKALE BEWEGING (TEOLOGIESE KENMERKE). Die term euangelion (evangelie, goeie nuus) is met en na die Kerkhervorming* gebruik om Protestante* te identifiseer, in die besonder hulle oortuiging oor die regverdigmaking* uit genade* deur geloof* alleen, en die finale gesag van die Skrif*. Mettertyd het hierdie betekenis vernou sodat “evangelikale” (“evangelicals”) vandag verwys na ’n wisselvorm van… Lees Meer »
EVANGELIKALIESE SPIRITUALITEIT. Kyk by: Spiritualiteitsmodelle.
EVANGELIS. Kyk by: Evangelie.
EVANGELISASIE is die bediening van die goeie nuus oor Jesus Christus*, die Here*. Hy is die goeie nuus en bring self die goeie nuus van die koninkryk van God* (Luk 10:1). Lank was evangelisasie deur sommige alte eensydig verstaan as gerig op die lewe ná die dood. Dit is eers sedert die vroeë 1980’s dat… Lees Meer »
EVOLUSIE. Christene reageer op verskillende maniere as hulle van evolusie hoor. Sommige verwerp dit, ander laat dit aan hulle verbygaan omdat hulle meen dit lê heeltemal op ’n ander vlak as ons geloof* dat God alles geskep het, en ’n derde groep aanvaar dit. Daar is egter verskillende evolusieteorieë, en ook verskillende velde waarna hierdie… Lees Meer »
EVOLUSIONISME (DARWINISME) is ’n teorie waarvolgens die heelal, lewe en die geskiedenis die resultaat is van geleidelike ontwikkeling eerder as van skepping*, ’n oorspronklike ontwerp of blote toeval. Die bekendste voorbeeld hiervan is Darwinisme, genoem na die Britse natuurkundige Charles Darwin* (1809–1882). Darwinisme is ’n teorie oor biologiese afstamming. Hiervolgens bestaan daar ongelykheid van biologiese… Lees Meer »
EWIGE LEWE. In die Nuwe Testament* kom ’n aantal kernsake oor die ewige lewe na vore. 1. As inklusiewe heilsgawe van God, staan dit met Jesus Christus* in onlosmaaklike verband. Hy ís dit (Joh 11:25), Hy géé dit (Joh 10:28), wie in Hóm glo, ontvang dit (Joh 3:36). 2. “Ewig” behoort tot die sfeer van… Lees Meer »
EWIGE STRAF. 1. As donker keersy van die ewige lewe* word die verskrikking van die ewige straf (en verwante sake soos oordeel en hel*1,2) in die Nuwe Testament* veral uitgebeeld as onophoudelike pyniging deur vuur (Mark 9:43-48). 2. Deur die eeue is dit dikwels letterlik opgevat. Dat dit egter figuurlik bedoel word, blyk daaruit dat… Lees Meer »
EWIGHEID. Kyk by: Ewige lewe, ook: Ewige straf.
EX CATHEDRA-UITSPRAKE. Die Katolieke Kerk* aanvaar dat Christus* aan sy kerk* die charisma* (gawe) van onfeilbaarheid geskenk het in haar taak om dít wat Hy geopenbaar het, bekend te maak. Sodoende kan lidmate sekerheid hê oor die waarhede wat in die openbaring* opgesluit is. Die Katolieke Kerk se mondstukke in die amptelike verklaring en verkondiging… Lees Meer »
EYBERS, ELISABETH FRANÇOISE (1915–2007) is as pastoriedogter op Klerksdorp gebore en het haar grootwordjare op Schweizer-Reneke deurgebring. In haar skrywersloopbaan van sewentig jaar lewer sy 21 bundels. Haar verse karteer haar eie lewenservaring. Haar vroeë werk toon ’n religieuse (godsdienstige) inslag, maar latere werk word deur agnostisisme* gekenmerk. In haar debuutbundel Belydenis in die skemerlig… Lees Meer »