Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Skuif die kieslys heen en weer

SPYKERSKRIF

Skrywer: PJ van Dyk

SPYKERSKRIF is eerste in Sumerië* gebruik en het geleidelik van hiërogliewe (prentjies) na ’n meer gestileerde spykervormige skryfsisteem verander. Die tipiese wigvorm is gemaak deur die punt van ’n stilus in ’n nat kleitablet te druk. Aanvanklik is in kolomme van bo na onder geskryf, maar later is die karakters op hulle sye gedraai en is daar van links na regs geskryf. Die bekendste spykergeskrifte is deur die Akkadiërs* geproduseer, wat reeds spykerskrif gebruik het teen ongeveer 2500 vC. Nadat die heerskappy van die Akkadiërs beëindig is, het spykerskrif in Assirië* en dele van Babilonië* bly voortbestaan en is Akkadies steeds as ’n internasionale diplomatieke taal gebruik.

 

Print Friendly, PDF & Email
Deel hierdie blad:
Opgedateer: 4 Apr, 2016

0 Comments

Submit a Comment

Om kommentaar te lewer op lemmas, foute uit te wys, voorstelle vir nuwe lemmas te maak of byvoegings aan die hand te doen, voltooi asb die onderstaande vorm en e-pos dit aan: Die Hoofredakteur: eCKE by [email protected]

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui