MANOAG

MANOAG was die pa van Simson* (Rig 13). Manoag se vrou was onvrugbaar, maar dan verskyn die engel*2 van die Here* aan haar met die nuus dat sy ’n seun gaan hê wat as nasireër* vir God afgesonder moet word. Manoag glo aanvanklik nie sy vrou nie, en dit is eers wanneer die boodskapper aan hom ook verskyn en hy ’n teken as bewys ontvang, dat hy sy vrou en die boodskapper glo.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar