VAS

 

VAS. Voor die ballingskap* was daar net op die Groot Versoendag* ’n voorgeskrewe vas. Verder was daar indiwidue wat by spesiale geleenthede gevas het, soms in verootmoediging oor sonde* of in nood (1 Sam 7:6; 31:13; 2 Sam 12:16; 1 Kon 21:27; Jer 36:9). Ná die ballingskap lees ons van meer ge­reelde vaste (Sag 8:19). Teen die tyd van die Nuwe Testament* was dit nie meer vreemd dat mense gereeld gevas het nie (Luk 2:37; 18:12). Jesus* vas self in die woestyn (Matt 4:2), en verder praat Hy twee keer oor vas. In sy kritiek op die Fariseërs* eis Hy eenvoud en opregtheid wanneer mense vas (Matt 6:16 en volgende verse), en in ant­woord op kritiek waarom sy dissipels* nie vas nie, wys Hy op die uniekheid van sy teenwoordigheid (Matt 9:14 en volgende verse). In die 1933/1953-Afrikaanse Vertaling was etlike verwysings na vas wat nie meer in die 1983-Vertaling voorkom nie, omdat dit later toevoegings was wat nie in die oorspronklike geskrifte gestaan het nie (Matt 17:21; Mark 9:29; Hand 10:30; 1 Kor 7:5). Verder is daar nie dikwels sprake van vas onder die vroeë Christene nie, maar daar kan in beginsel niks mee verkeerd wees nie

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar