VAN DER MERWE, GERRIT ERASMUS

VAN DER MERWE, GERRIT ERASMUS (1929–2004) is gebore in ’n Gere­formeerde Kerk*-gesin, maar het mettertyd na die NG Kerk* oorgekom en predikant* van dié kerk geword. Hy was predikant van die ge­meentes Hofmeyr en Kuilsrivier voordat hy in 1962 na die Bybelgenootskap* van Suid-Afrika is. In 1970 word hy adjunk-hoofsekretaris en in 1974 hoofsekretaris, wat hy tot met sy aftrede in 1990 gebly het. In die tyd van sy hoofsekretarisskap was hoogte­punte die totstandkoming van selfstandige Bybel­genootskappe in Botswana, Lesotho, Swazi­land en Namibië. ’n Groot gebeurtenis in sy dienstyd was die verskyning van die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel wat in 1983 by die Bybelge­noot­skap verskyn het – vyftig jaar ná die eerste Afrikaanse vertaling en dertig jaar ná die hersiene vertaling. Die 1983-vertaling was van nuuts af uit die grondtale gedoen as ’n “dinamies-ekwivalente” vertaling waarin eerder gesoek is na die betekenis van sinne as na ’n letterlike, woordelikse vertaling soos in die vorige vertalings.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar