TRADUSIANISME

TRADUSIANISME. Toe teoloë nog ’n dualistiese* mensbeskouing gehuldig het, het daar ’n stryd tussen tradusianisme en kreasianisme ontstaan. Dit het gegaan oor die vraag hoe die siel* van die mens, as ’n aparte substansie, van die een geslag na die volgende voortgeplant word. Die kreasia­nisme het gemeen dat die liggaam* met ge­slagsgemeenskap voortgeplant word, maar dat die ontstaan van die siel ’n aparte skeppingsdaad van God vereis. Die tradusianiste het geredeneer dat die siel, as aparte enti­teit, saam met die liggaam voortgeplant word. Namate teoloë die mens al meer as eenheidswese beskou het, is die stryd tussen tradusianisme en kreasianisme as ’n vals dilemma verwerp.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar