TERTULLUS

TERTULLUS was ’n algemene naam in die Romeinse* tyd. In Hand 24:1 tree ’n Tertullus in die saak teen Paulus* op as advokaat namens die Jode* omdat hulle as nie-Romeine nie die Romeinse regstelsel goed geken het nie. Hy brei die oorspronklike godsdienstige klag teen Paulus (Hand 21:28) uit sodat hy nou voor die Romeinse goe­werneur, Festus*, geteken word as iemand wat polities gevaarlik is deur skeuring onder die Jode te bring. Dat Paulus nie skuldig bevind word nie, is volgens sommige navorsers ’n bewys dat Lukas* die Christelike geloof voorstel as onskadelik vir die Romeine. Tertullus se toespraak in Hand 24:2-8 is in ’n keurige retoriese formaat wat pas by die styl van ’n advokaat. Niks meer is oor hom bekend nie.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar