TEOFANIE

TEOFANIE beteken “Godsverskyning” en is deel van God se openbaring* aan die mens. Die teofanie kan direk wees (God se verskyning by Sinai*2 of Christus* se koms na die wêreld), of indirek deur drome, ge­sigte, visioene, in iemand se slaap, ens. Verskynings van die Engel van die Here* word ook as deel van die teofanie beskou. Hiermee word God se teenwoor­dig­heid bevestig en ’n bepaalde boodskap afgelewer. Godsverskynings kom veral in die profete*-literatuur voor.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar