SONDAGSKOOL

SONDAGSKOOL. Dié term, afkomstig van die in Engelse kerke gebruiklike “Sunday school”, is jare lank ook in Afrikaanse gereformeerde* kringe (by name die NG Kerk*) gebruik vir die gereelde kerklike geloofsonderrig van kinders (dooplidmate*) wat gewoonlik op Sondae plaasvind. Mettertyd is dit om verskillende redes in die amptelike kerktaal vervang met “kategese”*, hoewel “Sondagskool” in die spreektaal van baie behoue gebly het.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar