SISERA

SISERA was die hoof van die leërmag van koning Jabin* van Kanaän*, wat in Hasor* regeer het. Met sy 900 ysterstrydwaens het hy Israel* vir 20 jaar verdruk, totdat hy deur die rigters Debora* en Barak* verslaan is – klaarblyklik weens die feit dat die Kison* afgekom en die strydwaens weggespoel het. Sisera vlug, maar word deur Jael*, vrou van die Keniet, Geber, vermoor toe sy ’n tentpen deur sy slaap slaan terwyl hy gelê en slaap het (Rig 4–5).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar