Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Skuif die kieslys heen en weer

SESAREA-FILIPPI

Skrywer: BA du Toit

SESAREA-FILIPPI was geleë by die oorsprong van die Jordaan* aan die voet van die berg Hermon*. Moontlik was dit eers die Ou-Testamentiese* stad Baäl-Gad waar die afgod Baäl* aanbid is. Die Grieke het dit later, ná hulle bewindsoorname, Paneas genoem omdat hulle die god Pan daar laat aanbid het. Tydens die Romeinse oorheersing (Kyk by: Romeinse Ryk) het Herodes*1 die Grote ’n marmer tempel hier gebou ter ere van keiser Augustus*. Later het die tetrarg Filippus (Kyk by: Herodes*6) die stad opnuut aan die keiser gewy en dit toe tot eer van die keiser “Sesarea” genoem. Sy eie naam is toe by die naam van die stad gevoeg om dit te onderskei van die kusdorp Sesarea*. Dit is waar Petrus* sy bekende belydenis* gedoen het (Matt 16:13 en volgende verse) en waar Jesus dié belydenis verklaar het as die rots waarop die kerk* gebou sou word. In die tyd van Nero* (54–68 nC) is die stad herbou en hernoem tot Neronias. Later, in die tyd van die kruistogte*, het dit die naam Banias gehad, soos dit tot vandag bekend is.

 

Print Friendly, PDF & Email
Deel hierdie blad:
Opgedateer: 2 Apr, 2016

0 Comments

Submit a Comment

Om kommentaar te lewer op lemmas, foute uit te wys, voorstelle vir nuwe lemmas te maak of byvoegings aan die hand te doen, voltooi asb die onderstaande vorm en e-pos dit aan: Die Hoofredakteur: eCKE by [email protected]

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui