SERAFS

SERAFS is volgens Jes 6 hemelse wesens met ses vlerke. Hiervolgens eer hulle God en bedien ook sy heil aan die mens. Hierdie is die enigste plek in die Bybel* waar ’n bonatuurlike wese as ’n seraf bekend gestel word. Die naam “seraf” herinner aan die Hebreeuse* woorde vir sowel ’n slang as vir vuur, en ons sien ook hierdie assosiasies in tekste soos Num 21:6-8, Deut 8:15 en Jes 14:29 en 30:6. Dit is waarskynlik ook meer korrek om ’n seraf met ’n vlieënde draak wat vuur spoeg te assosieer as met ’n engel.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar