SEFANJA (PERSOON)

SEFANJA (PERSOON). In Sef 1:1 kry ’n mens ’n lang geslagsregister van die profeet, meer as by enige ander profeet. Die verwysing na Kusi dui moontlik op Kusitiese (Kyk by: Kus) herkoms, dit wil sê uit Afrika* (Etiopië). Sefanja was waarskynlik ’n inwoner van Jerusalem*, omdat hy ’n besondere goeie kennis van dié stad het (1:8-11; 3:11, 14-15). Hy was ’n tydgenoot van Jeremia* en moontlik ook van Nahum* en Habakuk*.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar