SEBEDEUS

SEBEDEUS beteken “my gawe”. Sebedeus is Salome* se man (Mark 15:40; vgl Matt 27:56). Hulle is die ouers van die dissipels*, Jakobus* en Johannes*. Sy naam word net genoem om sy seuns te identifiseer. Hy was moontlik ’n welgestelde visser (Matt 4:21), want sy seuns en ander mense werk vir hom. Dat die seuns hulle werk verlaat het om Jesus* te volg, spreek van die onweerstaanbaarheid van Jesus se roeping.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar