RESIN

RESIN was koning van Aram* in Damaskus* (kyk na 2 Kon 15:37 en 16:5-9). Hy het in ongeveer 734 vC met Peka* van Israel*4 ’n koalisie teen Assirië* op die been gebring. Omdat Jotam*2 en Agas* van Juda*4 nie by hulle wou aansluit nie, het hulle die Siro-Efraimitiese oorlog* teen Juda geveg. Nadat Agas die hulp van Assirië ingeroep het, het Tiglat Pileser* III teen Damaskus opgetrek, die stad ingeneem, die bevolking in ballingskap weggevoer en vir Resin doodgemaak.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar