ORTODOKSE AARTSBISDOM VAN JOHANNESBURG EN PRETORIA (ORTHODOX ARCHBISHOPRIC)

ORTODOKSE AARTSBISDOM VAN JOHANNESBURG EN PRETORIA (ORTHODOX ARCHBISHOPRIC) is in die Grieks-Ortodokse* tradisie en het in 1907 in Suid-Afrika tot stand gekom. Dié aartsbisdom staan onder die toesig van die patriarg van Aleksandrië. Hulle het sowat 180 000 lidmate (2015) en ’n maandelikse tydskrif bekend as die Alexandrian Light House. Hulle bediening is omvattend en onder andere gerig op kinderhuise, maatskaplike sorg, kategese, publikasies en jeugwerk. Hulle hoofkantoor is in Houghton in Johannesburg.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar