OPERASIE MOBILISASIE (OM).

OPERASIE MOBILISASIE (OM). George Verwer was in die vroeë 1960’s die stigter van OM. OM beskik oor meer as 2 800 werkers waarvan 50% nie Westerlinge is nie. OM het ’n aantal skepe waarmee die evangelie* na wêrelddele soos die Midde-Ooste, Suid- en Sentraal-Asië en Europa uitgedra word. Meer as 30 miljoen mense het volgens OM reeds in 500 stede van die wêreld die skepe met hulle boeke-uitstallings besoek (2015). OM is ook die inisieerder van korttermyn-uitreike waar kreatiwiteit, films en oudiomiddels, literatuurverspreiding (Kyk by: Literatuurdiens), opheffing en ontwikkeling deel van hulle strategie is.

OM sien as sy doelwit om die liggaam van Christus* te help motiveer, te ont­wikkel en toe te rus vir wêreldevangelisasie, om die liggaam van Christus te versterk en om kerke te help plant, veral in onbereikte dele.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar