ONTUG

ONTUG is ’n argaïese term en sluit in die Bybel* ’n wye verskeidenheid van ongeoorloofde seksuele praktyke in, waaronder onsedelikheid* en hoerery*. Ontug word in die 1933/1953-Afrikaanse Ver­ta­ling gebruik as vertaling vir znh (He­breeus* – Hos 2:4), en die Grieks* porneia (Joh 8:41) en koitï (Rom 13:13). Dit kom in die 1983-Afrikaanse Vertaling voor as vertaling vir znh (Hebreeus – Jer 3:6, 8) en die Griekse koitï (Rom 13:13 – ook in die 2014-Direkte Vertaling)), porneia (2 Kor 12:21; Ef 5:3) en pornos (Ef 3:5).

In apartheid*-Suid-Afrika is die term “ontug” ook in wetgewing gebruik wat geslagsverkeer tussen persone van verskillende rasse verbied het.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar