OFIR

OFIR is veral bekend as ’n landstreek waar­vandaan Salomo* onder andere goud van hoë gehalte ingevoer het met die skepe wat hy aan die kus van Edom* laat bou het (1 Kon 9:26-28). Ook koning Josafat*1 wou skepe hierheen stuur om goud te kry, maar hulle het almal vergaan (1 Kon 22:49). Groot onsekerheid bestaan oor die presiese ligging van Ofir en menings wissel van plekke in Arabië soos Oman en Jemen, tot Somalië en selfs Indië, en so ver as Zimbabwe.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar