NYL

NYL is ’n rivier en het sedert die vroegste tye die ruggraat van Egipte* se samelewing en ekonomie gevorm. Dis die langste rivier in Afrika en beide takke (Blou- en Wit-Nyl) ontspring naby die ewenaar en vloei noord totdat dit in ’n groot delta uitmond in die Middellandse See. Die jaarlikse oorstroming van die rivier en ryk slikneerslae is belangrik vir die vrugbaarheid van die vallei. Die rivier was die hoofvervoerroete in Egipte terwyl vis uit die rivier ’n belang­rike bron van kos vir die inwoners was. Die Egiptenaars het geglo dat die Nyl die middelpunt van die aarde was waar alles ontstaan het.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar