NUWE EKSODUS

NUWE EKSODUS. Die Nuwe-Testamentiese* skrywers gebruik dikwels eksodus-motiewe om die redding in Christus* as ’n nuwe of beter “eksodus”* voor te stel.

  1. ’n Heerlike verlossing. Israel* is bevry uit fisiese slawerny*; die Nuwe-Testamentiese Godsvolk word van die slawerny van sonde* bevry (Rom 8:15-17). Israel erf Kanaän; die Nuwe-Testamentiese Godsvolk erf die hemele* (Ef 2:10), hulle arriveer by die hemelse Sionsberg (Heb 12:22).
  2. ’n Nuwe en groter Moses*. Baie momente in Jesus* se lewe herinner aan Moses*. As baba word Hy bewaar teen vyandelike optrede (Matt 2:13-18). Hy doen wonders*, en Matteus* teken Hom as die nuwe Moses wat sy nuwe wet op ’n berg aan die gelowiges* gee (Matt 5:1, 17-20).
  3. ’n Beter verbondsvolk. Die Hebreërboek* sê dat Nuwe-Testamentiese gelowiges die skadubedeling van die Ou-Testamentiese* offer*kultus agtergelaat het. Die wet is ingeplant in hulle harte, hulle het ’n persoonlike en onbemiddelde toegang tot God, en hulle sonde word volkome uitgedelg.  

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar