NISEA

NISEA. Die eerste (325) en die laaste (787) van die sewe ekumeniese* sinodes* in die vroeë eeue het in Nisea vergader. Keiser Konstantyn* het die eerste sinode byeen­geroep vanweë Arius* se siening dat Chris­tus* nie werklik God was nie. Die voorstel dat die Seun* eenwesens met die Vader* is, is toe as leerstelling aanvaar. Die laaste sinode het op sy beurt die verering van die menswording van Christus deur beelde erken (ikonolatrie).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar