NASIONALISME

NASIONALISME is sterk, vurige, soms oordrewe vaderlandsliefde – veral verbind aan ’n bepaalde politieke/kulturele benadering. Dit het meer te doen met volk (’n enger kulturele begrip) as nasie (’n breër staatkundige begrip). Tipies van nasionalisme is die (vroeëre) Duitse leuse: “Deutschland über alles”, of die (vroeëre) wekroep van baie Afrikaners*: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika”. Toe die politieke/staatkundige bedeling in Suid-Afrika verander het, het die geesdrif vir hierdie woorde ook verander. “Patriotisme”* is ’n minder polities-kultureel-gelade begrip vir vaderlandsliefde waarin dit inderdaad ook om die land as sodanig gaan, watter regering ook al aan die bewind is..

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar