MORDEGAI

MORDEGAI is ’n belangrike karakter in die boek Ester*. Hy was voog en oom van Ester, die Joodse* meisie wat koningin van Persië* geword het. Hy vind uit van ’n sameswe­ring teen die Persiese koning, Ahasveros* (2:19-23), asook van Haman* se slinkse plan om al die Jode dood te maak (3:1–4:2). In albei gevalle speel Ester op Mordegai se aanbeveling ’n rol om die koning, asook haar volk, te red.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar