MONOTEÏSME

MONOTEÏSME is ’n filosofiese en teologiese wêreldbeskouing wat uitdrukking gee aan die oortuiging dat daar slegs één transendente God bestaan. Die begrip verwys gewoonlik na Israel* se geloof in één God en na die latere oorname van hierdie Godsidee deur die Christelike kerk*. Vandag word algemeen na die Judaïsme*, Islam* en Christendom* verwys as die drie Abra­ha­mitiese, monoteïstiese godsdienste.

Die Christelike Godsidee is egter meer kompleks as gevolg van die leerstelling dat God die drie-enige* God is, Vader, Seun en Heilige Gees. Die Christelike kerk het deur die eeue konsekwent die oortuiging ver­dedig dat die Drie-eenheidsleer nie in konflik is met die monoteïstiese kernidee dat God die één ware God is nie.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar