MOEDERBELOFTE

MOEDERBELOFTE. Die moederbelofte verwys na die eerste (“moeder”) van al God se beloftes oor die verlossing wat Hy ná die sondeval* sou bewerk. Ons lees dié belofte in Gen 3:15: “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt”. In Gal 3:16 word na hierdie belofte verwys en aangetoon dat die nakomeling (nage­slag, saad) van die vrou Christus* is. In die vonnis oor die slang hoor ons dus die evangelie* van die verlossing deur Jesus* Christus*. Die evangelie klink reeds voordat die vonnis oor die mens gevel is. Al die ander heilsbeloftes is gegrond op hierdie belofte.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar