MODERATOR

MODERATOR. In gereformeerde* kerktaal is ’n moderator die voorsitter van ’n sinode* (nié van “die kerk” nie) en lid van die moderatuur wat gewoonlik bestaan uit die moderator, die assessor (ondervoorsitter), die aktuarius* en die skriba. Ná die sinodesitting is hy/sy gewoonlik voorsitter van bv die moderamen (’n uitgebreide moderatuur) wat tussen sinodes bepaalde verantwoordelikhede het. Die moderator beklee geen hiërargiese posisie nie, maar het wel ’n leidinggewende verantwoordelikheid.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar