MESA

MESA was volgens 2 Kon 3:4 ’n koning van Moab* en ’n skaapboer wat 100 000 lammers en die wol van 100 000 ramme aan die koning van Israel* moes lewer. Daar word ook van Mesa vertel in die sg “Mesa-stele”. (“Stele” is ’n argeologiese term en bedoel ’n regop plat pilaar of steen met meestal inskripsies of ’n ontwerp daarop.) Die Mesa-stele is ’n basalt-stele van ongeveer 1m hoog wat dateer uit die 8ste eeu vC. Die stele vertel van die militêre suksesse van Mesa teen die Israelitiese koning, Agab*. Wat verder insiggewend is van die stele, is dat dit een van die min plekke is waar die naam van die Israelitiese God, Jahwe*, buite die Bybel* genoem word. Die spesifieke passasie in die stele lui soos volg: “Ek (dit is Mesa) het vandaar die voorwerpe (onbekend waarop die term hier dui) van Jahwe geneem en dit gesleep voor Kemos” (reël 18).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar