MAKGATHO, SEFAKO

MAKGATHO, SEFAKO (1861-1951) het in Engeland in die teologie* en onderwys gestudeer en was ’n politikus, onderwyser, prediker (Kyk by: Prediking) en joernalis. Hy het 20 jaar in Pretoria skoolgehou en wou gelykheid in die onderwys bevorder en verseker dat alle Suid-Afrikaanse kinders ’n regverdige opvoeding bekom, ongeag hulle velkleur. Hy was die African National Congress (ANC) se tweede president. In 2015 is die Sefako Makgatho-universiteit vir gesondheidswetenskappe (SMU) in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, amptelik geopen. Dié universiteit lei dokters, tandartse, fisioterapeute, radiografiste, verpleërs en ander mediese personeel op. Dit is Suid-Afrika se eerste universiteit net vir gesondheidswetenskappe.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar