MAHLOBO, MPHIKELELI GEORGE

MAHLOBO, MPHIKELELI GEORGE (1954–) kom as hoërskoolkind tot bekering* deur die getuienis van sy maats, en tydens ’n byeenkoms van die evangelis Reinhard Bonnke* kry hy die roeping tot die bedie­ning*. Hy studeer aan die Apostoliese Ge­loof­sending* (AGS) se teologiese kollege in Soshanguve, waarna hy ook ’n BTh aan Unisa voltooi. Mahlobo bedien die AGS-ge­meentes Machadodorp (1979–1980), Mabo­pane (1980–1985) en Phuthaditjaba (1985–1994) voordat hy hoof word van die AGS se teologiese kollege in Soshanguve, waar hy etiek* doseer. Sy rol in die nasionale kerk­leierskap begin in 1988 toe hy sekretaris van die destydse swart afdeling van die AGS word. Hy was nou betrokke by die eenheids­gesprekke in die kerk en met die totstandkoming van die gesamentlike (swart, bruin en Indiër-) afdeling van die AGS, is hy tot hoofsekretaris verkies. Met die verwesenliking van volledige eenheid van die AGS in 1996, word hy nogmaals hoofsekretaris, ’n heeltydse pos.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar