LISANIAS

LISANIAS is die naam van die heerser wat geregeer het oor Abilene, ’n gebied noordwes van Damaskus* rondom die hoofstad Abila. Lisanias was moontlik ’n jonger seun van Herodes* die Grote en het van 25–35 nC geregeer. Hy was heerser toe Johannes die Doper* begin preek het (Luk 3:1). In 37 nC het keiser* Kaligula Abilene by Herodes* Agrippa I se gebied gevoeg.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar