LIEFDESMAAL

LIEFDESMAAL, van die Grieks* agape (“liefde”), is ’n tegniese term vir nagmaal* onder die vroeë Christene*. In die Nuwe Testament* gebruik slegs Judas vers 12 die term eksplisiet, maar die maaltyd waarvan ons in 1 Kor 11 lees, is duidelik dieselfde saak. Die Nuwe Testament bied geen getuienis dat liefdesmaal iets anders as die nagmaal is nie, solank onthou word dat nagmaal in die Vroeë Kerk* nie alleen ’n kerklike seremonie was nie, maar ’n ete, waartydens Jesus* se dood en opstanding* in gedagtenis geroep is (Kyk ook: Pasga).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar