JOTAM

JOTAM. Meer as een persoon in die Ou Testament* dra hierdie naam.

  1. ‑Die bekendste was die enigste seun van Jerubbaäl* (Gideon*) wat die moordtog van sy broer, Abimelek*, oorleef het. In ’n fabel waarsku Jotam die leiers van Sigem* om nie vir Abimelek* te stem as koning nie (Rig 9:1-22).
  2. ‑Nog ’n Jotam was die twaalfde koning van Juda*4 (759–743 vC). Jotam was ’n goeie, Godvresende koning wat in sy sestien regeringsjare talle bouwerke, waar­on­der die boonste poort van die tempel*, laat bou het (2 Kon 15:35). Hy is ná sy dood deur sy seun Agas* opgevolg.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar