JOSUA (PERSOON)

JOSUA (PERSOON) is een van die twaalf verkenners wat Kanaän* moes gaan deur­kyk voordat die land ingeneem is. In Num 13:8 heet hy Hosea*, seun van Nun, maar Moses* verander dit na Josua. Hy en Kaleb* lewer ’n minderheidsverslag dat die land wel inneembaar is. Dit red hulle lewe (Num 14:38). Josua word Moses se opvolger, met Eleasar*, ’n seun van Aäron*, as priesterlike regterhand (Num 27:15-23). Hy moes die Israeliete in Kanaän inlei (Jos 1). Volgens die boek Josua* volg ’n stelselmatige inbesitneming van die land. Hy sluit die veldtog af en eis dat Israel* slegs die Here* mag dien (Jos 24:15). Sy slotwoord oor hom en sy gesin wat die Here dien, is tot vandag toe een van die sleuteltekste in kategese, jeugwerk en opvoeding.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar