Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Skuif die kieslys heen en weer

JORDAAN

Skrywer: A Daniels

JORDAAN is die belangrikste rivier in Palestina* wat van noord na suid vloei. Die rivier ontspring by Dan* in die noorde, vloei deur die See van Galilea*, en mond uit­ein­delik uit in die Dooie See (wat self geen uitloop het nie). Die vallei waarin dit vloei, is ’n vrugbare stuk aarde (hoewel dit na die suide al hoe meer onherbergsaam word soos wat dit dieper sink in die aard­kors – selfs tot onder seevlak). Geen wonder dat Lot* die Jordaanstreek vir hom gekies het teenoor dit wat vir Abram (Abraham*) oorgebly het nie (Gen 13). Die Jordaan­- s­keurvallei, met die Jordaanrivier, die See van Galilea en die Dooie See, vorm deel van een van die wêreld se merkwaardigste geologiese formasies (wat tot in Sentraal-Afrika strek). Die Jordaanrivier vorm die agtergrond waarteen ’n hele aantal Bybelse verhale afspeel, bv die intog in die beloofde land, asook die doop van Jesus*.

 

Print Friendly, PDF & Email
Deel hierdie blad:
Opgedateer: 14 Mar, 2016

0 Comments

Submit a Comment

Om kommentaar te lewer op lemmas, foute uit te wys, voorstelle vir nuwe lemmas te maak of byvoegings aan die hand te doen, voltooi asb die onderstaande vorm en e-pos dit aan: Die Hoofredakteur: eCKE by [email protected]

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui