JOAB

JOAB is die seun van Seruja, Dawid* se stief­suster. Hy was een van die Ou Testa­ment* se dapperste helde – iemand wat net so onbuigbaar was in sy vyandskap as in sy vaardigheid op die slagveld (1 Kron 19:6-14). Hy was Dawid se bekendste en getrouste generaal, vóór en ná Saul* se dood, al­hoewel hy nie altyd gehoorsaam aan Dawid was nie. Joab was instrumenteel in die verowering van Jerusalem*, wat Dawid in staat gestel het om die stad as sy hoof­stad in te rig en die res van die koninkryk te konsolideer (2 Kron 11:6). Met Dawid op sy sterfbed, het Joab vir Adonia* as troon­op­­volger ondersteun en nie vir Salomo* nie. Op bevel van Dawid, het Salomo vir Joab laat doodmaak, ten spyte van die feit dat hy in die tempel geskuil het (1 Kon 2).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar