JABBOK

JABBOK is een van die hoofriviere van Transjordanië wat weswaarts in die Jor­daan* invloei – 32 km noord van die Dooie See*. Vandag, vanweë die blouheid van sy water, staan dit bekend as Wadi Zerqa. In Num 21:24 word dit as die grens van Sihon se koninkryk aangegee. In die verhaal van Jakob* speel die Jabbok ’n belangrike rol. Dit is daar waar hy met die engel geworstel het, en ’n ander naam, Israel*1, ontvang het (Gen 32).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar