ISAI

ISAI is Dawid* se pa (1 Sam 16) en voorva­der van Jesus* (Matt 1:5-6). Isai was die kleinseun van Boas* en Rut* en die seun van Obed* (Rut 4:18-22). Isai het agt seuns gehad, waarvan Dawid die jongste was. Dawid is in opdrag van God deur Samuel* gesalf as koning. Terwyl Dawid vir Saul* gevlug het, het sy ouers saam met hom in die bergvesting in Moab* geskuil (1 Sam 22:4).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar