HUR

HUR is een van Moses* se leiers ná die uittog uit Egipte*. Hur het Aäron* gehelp om Moses se hande hoog te hou tydens die geveg teen Amalek* by Refidim. Terwyl hulle sy hande opgehou het, het Israel* die geveg gewen (Eks 17:12). Hy en Aäron word deur Moses as leiers aangestel toe Moses na God toe op Sinai*2 gegaan het (Eks 24:14), maar sy naam word nie in die daaropvolgende gebeure met die goue kalf* genoem nie (Eks 32).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar