HERODIAS

HERODIAS was die kleindogter van Herodes*1 die Grote en die dogter van Aristobulus en Bernice.* Sy was eers getroud met Herodes Filippus*6 (Matt 14:3 en Mark 6:17 noem hom net Filippus). Hy was ’n halfbroer van haar eie pa. Hulle het ’n dogter, Salome*, gehad. Sy en Salome is veral bekend vir hulle rol in die dood van Johannes die Doper*, toe haar dogter op Herodias se advies sy kop geëis het. Sy is ná haar egskeiding van Herodes, getroud met Herodes Antipas*4 (wat intussen ook van sy vrou geskei het). Hy was ook haar oom, die halfbroer van haar pa, Aristobulus.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar