HEBRON

HEBRON was vroeër bekend as Kirjat-Arba, geleë omtrent 30 km suid-suidwes van Jerusalem*. Dit is die stad in Palestina* wat die hoogste geleë is (927 m bo seevlak). ’n Aantal gebeure in die Abraham-verhale in Gen 12–25 speel hier af. Abraham* koop hier die Makpelagrot by die Hetiete*. Dié grot sou die begraafplaas van die aartsva­ders* word. Abraham, Isak* en Jakob*, asook die aartsmoeders, Sara*, Rebekka* en Lea*, word hier begrawe. Die antieke stad Hebron* is gebou sewe jaar vóór die Egiptiese stad Soan (Num 13:23). Dit is ook as een van die asielstede* aangewys. Tydens die verdeling van die land het Kaleb* He­bron in die gebied van Juda*2 as eie grond­gebied ontvang omdat hy en Josua*, die twee verkenners, aanbeveel het dat die land wel inneembaar is. Hebron is geleë in die gebied wat die moderne Israel vanaf 1967 beset het.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar