HEBREEUSE BYBEL

HEBREEUSE BYBEL. In die Joodse* tradisie word die Hebreeuse Bybel (Tenak) in drie dele verdeel: die tora (wet* / penta­teug* – Genesis* tot Deuteronomium*), die nebi’im (profete*) en die ketubim (ge­skrifte* – Job* tot Hooglied*). Die profeteboeke word verdeel in die vroeëre en die latere profete. Die latere profete word onderverdeel in die groot profete (Jesaja* tot Daniël*) en die klein profete of die sogenaamde Boek van die Twaalf* (Hosea* tot Maleagi*). Die Joodse benadering verklap iets van hoe hulle die geskiedenis gelees het: as iets wat deur God bepaal word en waar mense se gedrag ’n invloed uitoefen op wat met hulle gebeur.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar