HARAN

HARAN is ’n stad in die noord-westelike deel van Mesopotamië*, wat ten nouste verbind word met die Israelitiese* aarts­vaders* en is waar Arameërs* van Semitiese oorsprong gebly het. Die stede Haran en Nahor* word spesifiek in die Mari*-dokumente genoem. Abram* se pa Tera* het hom hier gevestig en Abram is hier deur God geroep (Gen 12:1). Rebekka* is ook in Haran gehaal (Gen 24), en Jakob* se skoonpa Laban* bly in die omgewing van Haran (Gen 28–31).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar