HABIRU

HABIRU is ’n groep nomade en semi-no­made wat gedurende die tweede millenium vC in Mesopotamië* rondbeweeg het. Hulle het uit Semitiese* en nie-Semitiese elemente bestaan. Die fonetiese ooreenstemming tussen die terme Habiru en Hebreër* het sommige geleerdes laat vermoed dat die Israelitiese* aartsvaders* deel van die Ha­biru kon gewees het. Volgens die Nuzi-ta­blet­te het sommige Habiru geleidelik hulle nomadiese lewenstyl afgesê en in die stede en dorpe gaan woon waar hulle as daglo­ners, ambagsmanne en musikante gewerk het. In sommige gevalle het die Habiru hulle gewend tot aggressiewe aanvalle op klein gemeenskappe en karavane.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar