GRIEKS-ORTODOKSE KERK

GRIEKS-ORTODOKSE KERK, wat een van die kleiner kerklike groeperinge in Suid-Afrika uitmaak, het sy vroeë oorsprong in die splitsing tussen die Westerse en Oosterse Christendom* gehad. Saam met die Russies-Ortodokse Kerk vorm dit die twee hoofgroeperings van die Ortodokse of Oosterse Christendom. Die Grieks-Ortodok­se Kerk en sy verwante kerke het groot getalle aanhangers veral in Griekeland en in Noord-Afrika. Hulle Suid-Afrikaanse hoof­kantoor is in Houghton in Johannes­burg geleë, en in Suid-Afrika is daar twee aartsbiskoppe. Hulle het ongeveer 23 000 lidmate in Suid-Afrika (2015). Een van die stremmings waaronder hulle gebuk gaan, is die feit dat die kerk soms te sterk as ’n kulturele instelling gesien word.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar