GEMEENTEBOU

GEMEENTEBOU is ’n begrip wat sedert die laat 19de eeu gebruik word om die herstel van gemeentes* volgens die bedoeling van God te beskryf. Die begrip wil “refor­me­rend” verstaan word: die voortdurende verandering van die gemeente sodat dit al hoe meer in ooreenstemming met die wil van God kan kom binne die konteks van die gemeente*. Gemeentebou het te doen met die identiteitsverstaan en -ontwikke­ling van die gemeente. Die gemeente is, kragtens God se bedoeling daarmee, ten diepste missionêr (sending*gerig). In hierdie opsig is dit anders as die tradisionele on­der­skeiding van “na binne” (soos die term “evangelisasie”* soms verstaan is) en “na buite” (sending). Gemeentebou is altyd tegelykertyd konsoliderend (“na binne”) en missionêr (“na buite”) (vgl Ef 4).

In populêre taal word dikwels na ge­meen­te­bou verwys as die teruggee van die bediening aan die lidmate. Die bedoeling is dat juis die lidmate die saak van God in hulle konteks verteenwoordig. Gemeente­bou het dan te doen met wat in die gemeente gebeur sodat elke lidmaat gehelp word om God oral te verteenwoordig – in gesin, spel en werk. Gemeentebou is ’n voortdurende proses en dui op groei en vordering, nié op stilstand en agteruitgang nie.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar