GEHENNA

GEHENNA het oorspronklik verwys na die vallei van die seuns van Hinnom*. Dit is ’n diep, smal gebied aan die suidkant van Jerusalem*, waar mense hulle kinders geoffer het aan Molek* (2 Kron 28:3; 33:6; Jer 7:31; 19:2-6). Die vallei het later ’n plek geword waar die rommel van die stad gegooi is. Die dooie liggame van misdadigers en diere is op die rommelhoop gegooi en verbrand. Daar was altyd brande in die vallei en dit het mettertyd ’n plek geword wat simbolies was van ewigdurende vernietiging.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar